Collaborations





Digvorme Eko-verse en Vervolgverhale Volume 2 nou beskikbaar.

Nader as 'n vriend is 'n historiese fiksie gebaseer op die verhaal van Lasarus.

Bonus in Digvorme Volume 2 is dat die 10 Digvorme wat daarin verskyn volledig bespreek word. Baie handig vir toekomstige kompetisies 😊
Digvorme R140.00
Vervolgverhale R180.00
Indien albei geneem word R290.00
Plus R60 paxi indien nodig.
🙂🙂
Bestellings kan geplaas word by 076 845 7980.




Ons is baie opgewonde om jou mee te deel dat die volgende gedigte (te) en/of kortverhaal vir publikasie in INK Skryf in Afrikaans se bloemlesing INKSPRAAK3 opgeneem sal word: 

Die genooides 

Baie geluk met die prestasie! Dankie dat jy aan Ink skryf in Afrikaans se 2022-poësie- en skryfkompetisie deelgeneem het. Ons het altesaam 1452 inskrywings van 344 digters en skrywers ontvang, en 915 gedigte en 162 kortverhale word in die 3 bloemlesings opgeneem. Alle gedigte en kortverhale is onderhewig aan taalversorging en proeflees. Jy gee wel toestemming aan INK Skryf in Afrikaans om jou inskrywings in die bloemlesing te publiseer, maar jy behou kopiereg en mag nog steeds jou gedigte (selfs die geredigeerde weergawes) elders publiseer. 


Die bloemlesing sal DV Saterdag 12 November 2022 met die gala-aand by Batter Boys, Montana in Pretoria amptelik vrygestel en te koop aangebied word teen die spesiale prys van R300 per bundel. Dui asb aan of jy die bloemlesing wil aankoop. 

Bestellings vir bundels kan ook gemaak word om na die funksie per koerier aan te stuur. Kostes verbonde sal as volg wees: R350 per bundel en R100 vir versending (R450-00 wat vooraf by bestelling betaalbaar is.) 

Hou gerus INK Skryf in Afrikaans se webtuiste www.ink.org.za en sosiale mediablaaie dop.




MY GEBED VIR ’N BOER TWEE – nou beskikbaar!

Ondersteun Ns. Liefdesdiens met die aankope van hierdie unieke boek en dra so by tot ons liefdadigheidsfonds.
Inkomste uit die verkope word aangewend om professionele traumaberading te bied aan slagoffers van plaasaanvalle.
Ons boere is die produsente van ons land en voorsien ons van kos op ons tafels. Kom ons help hulle wie hulp nodig het.
Elke boek word gedruk uit die verkoopprys en wins word dan aangewend vir ons goeie doel.
INHOUD Die boek bestaan uit ’n versameling pragtige kortverhale, ware verhale en vertellings, kosbare gedigte, gebede en stories oor onbekendes. Dit dek die hele Suid-Afrika met bekendes en onbekendes wat bydraes gelewer het. Die boek bevat ook broodresepte.
FORMAATsagteband
BLADSYE 445
PRYS R300.00 (sluit paxi posgeld in)
ISBN 978-0-6397-2894-0
BESTEL PER E-POS bets.adminco@gmail.com
HOE OM TE BESTEL
1. Dui aan hoeveel boeke.
2. Verstrek die adres van jou naaste Pep Stores in jou e-pos.
3. Verstrek jou selfoonnommer (jy ontvang ’n boodskap wanneer jou pakkie gereed is vir afhaling).
4. Heg jou bewys van betaling aan by jou e-pos.
5. Gebruik asb. net jou NAAM EN VAN as verwysing met elektroniese betaling.
NEEM KENNIS
1. Ons kan nie bestellings prosesseer as al die inligting, soos aangevra, nie verstrek word nie.
2. Enige bestellings na 10 Desember 2022 sal in Januarie 2023 versend word.
3. Ons kan nie verantwoordelik gehou word vir verlore versendings nie (Paxi is beslis die beste en ons het geen probleme in die verlede gehad nie).
4. Ons maak NET GEBRUIK VAN PAXI en NIE koerierdienste nie.
INDIEN JY MEER AS EEN BOEK BESTEL
1. Indien jy meer as een boek bestel en na een afleweringsadres gestuur word, betaal jy net R60 paxi en vir elke boek R240.00. Byvoorbeeld: 4 x boeke = R960 + R60 (paxi) = R1000.00. Meer as 5 boeke sal die aflewering R80.00 beloop.
BANKBESONDERHEDE
BANK: Capitec Bank
BANK KODE: 470010
REK NO: 1736577741
REK NAAM: NS Act of love
Spaarrekening
JOU VERW: Naam & Van


Sagteband kan bestel word direk by my teen R180, koerier uitgesluit. 

Saamgestel deur Driekie Grobler. 
Uitgegee deur Groep 7 Publikasies en Drukkers. 

Om in 'n gesonde verhouding met ander te kan leef, is dit nodig om eerstens te sorg dat jou verhouding met jou Skepper , God drie-enig reg is, gesond en lewendig is. 

Wanneer ons alleen staan is ons swak en kwesbaar, maar sodra ons aan mekaar vashaak, vorm daar 'n stewige ketting wat die aanvalle van die 'verwoester' makliker kan weerstaan. 

Ongelukkig verswak skakels in die ketting as gevolg van sonde, en die vyand se doelwit is om jou verhouding met God en ander te vernietig. Hy weet dat as daar geen eensgesindheid en liefde onder ons is nie, verswak die saambindfaktor, raak die skakels bros en breek die ketting maklik. 

Die sukses van goeie verhoudings, en die riglyne daarvoor, is te kry in God se Handleiding. Dit is belangrik om nie net van Hom te weet nie, maar om Hom persoonlik te ken en in verhouding met Hom te staan, sodat Hy erkenning kan kry in jou daaglikse handel en wandel. Die talle getuienisse in hierdie boek spreek duidelik daarvan. 

In hierdie saamgestelde boek deel verskeie skrywers hul eie lewensondervindings van seerkry en oorwinnings. Die reeks bestaan uit twee afsonderlike boeke waarvan hierdie die tweede boek is. 

Mag die lees hiervan dien tot inspirasie om weer intensief na jou eie verhoudingsketting te kyk en betyds die swak plekke te herstel en te verstewig met Vader se hulp. 

Alle lof en dank aan ons Heer en Meester. 


Verhoudings is delikate organismes wat elkeen op meriete hanteer moet word. Die grootste gemene faktor is gewoonlik hoeveel keer ek bereid is om die knie te buig en hoeveel keer is ek bereid om te luister. Wanneer ek luister, hoor ek iets wat ek andersins sou gemis het.

Netso met my verhouding met God. Wanneer ek stil raak, minder word, dan hoor ek God se stem duidelik. Ek kan vrylik asemhaal, want nou verstaan ek, en my liefde vir God groei.
Waar kan jy minder word, sodat God meer kan word?

Tydens die skryf van hierdie stukke uit my lewe het ek opnuut besef hoe bevoorreg ek is om my pad te kon terugvind en hoe bevoorreg ek is dat God my aanvaar het.

Elke stukkie wat in die bundel saamgevat is kom vanuit diep plekke. Net wanneer jyself die pad stap kan jy werklik jouself vind.

Dit was voorwaar 'n voorreg om deel te kon wees van hierdie projek.


'n Tikkie Romantiek saamgestel deur Myra Lochner



Die opvolg van Skoppenskamer is opgeneem in hierdie besondere boek. Dit kan ook hier gelees word. 

Baie dankie Myra, jy is werklik 'n voorbeeld van samewerking, passie en diensbaarheid. 


INHOUDSOPGAWE
VOORWOORD v

AFDELING EEN - POSKAARTE 1
Charlotte Bresser 2
Poskaart uit ouma Sophia se Bybel 2
Lente in die Vrystaat 4
Priscilla Gerber 6
Ouma Johanna Helena 7
Johannie Hanker Verhoef 8
Aniki Joseph 12
Lenteliefde 12
Lente-poskaarte 13
Myra Lochner 15
Allerliefste ‒ Liefdesposkaarte 15
Louise Seip 19
Elza Smal 21
Denkbeeldige buie 21
Stoepsit-dae 22
Dink 24
Martina Opperman 25
Lente van Onskuld tot Oud 25
Isabel Stoltz 26
Pak jou lentesak! 26
Lentehuisie 27
Karlien van der Merwe 28
Lentekaartjie vir Papa 28

AFDELING TWEE – VERSE 29
Driekie Beetge 30
Tuinwandeling 30
Kindergesang 31
Charlotte Bresser 32
Komposisie 32
Andries Boshoff 34
Wat is mooi? 34
Antonette Doman 35
Lente-mooi 35
Nektar 35
die lied van lente 36
Marian Friskin (Joubert) 37
Lentesoen 37
Aniki Joseph 39
piekniek vir twee 39
Pieter Joubert 40
vyf verse vir liefde en lente 40
jy kalibreer my 41
my vrou 42
gebroke 43
alles 44
woonstel by die see 45
Myra Lochner 47
Hemelse liefde 47
Flikkervars 48
Droom 49
Lente-liefdesbriefie 50
Troosruiker 52
Aletta Murray 53
lente 53
grenslose lentekwilt 55
Erika Ochse 56
Jakarandaverse 56
Troyestraat 56
reënrit 56
Oktober 2019 57
groete van die pers bloemis 57
lente vra ’n lied 58
Chanté van Aswegen 59
My lentekind 59
Karlien van der Merwe 60
Vanaand 60
Pleitkos 61
Petrus Vermeulen 62
Immergroen 62
Lucia Wels 64
Klein lenteversameling 64
sy woorde 65
Groet 66
Gesnoei 67
Koningsprotea 68
Ballade van ’n liefde 69
AFDELING DRIE - VERHALE/POËTIESE PROSA 71
Charlotte Bresser 72
Pelgrimsrus 72
Lynelle Clark 74
Ria de Koker 77
Water vir verlange 77
Aniki Joseph 79
Die lente van 9/11 79
Myra Lochner 82
Lente by die see 82
Louise Seip 84
’n Kort roman 84
Petrus Vermeulen 85
U Is 85
AFDELING VIER – SLOT 87
Sneeuprinses 88
Waar Oneindigheid begin 90
N2: Westerglooiing 91
Let Fragrance find its Spring 92
Letter to Love 93
Secret Love 95
Rig bestellings aan myra@kreativ.org.za en ondersteun so die inisiatief eie aan Suid Afrika.




My Gebed vir 'n Boer



Gebedeboek


Dit is 'n absolute voorreg om deel te wees van hierdie liefdadigheids inisiatief van Ns. Skrywershuis. 


 

Hier volg 'n onderhoud met Nico Schamrel.

Nico, baie welkom en dankie dat jy ingestem het tot ’n onderhoud met my.

1.       As afskop vraag en omdat dit Internasionale Moedertaaldag is, wat beteken Afrikaans vir jou?

Afrikaans is my moedertaal, skryftaal en voertaal – die fondamente waarop ek gevorm is. Dit is my taal waarmee ek myself kan identifiseer. ’n Persoon sonder sy eie taal het nie meer ’n identiteit nie en om daardie rede is ek ’n kampvegter en ondersteuning vir die behoud van Afrikaans. Dit is ons elkeen se reg in ’n demokratiese land om sy taal te kan praat, daarin opgevoed en geskool te word. Afrikaans is vir my die kern van my bestaan.

2.       Jy is ’n kranige sosiale netwerk gebruiker. Wat beteken hierdie platforms vir jou? Vergas ons met ’n staaltjie van jou ondervindings.

a.       Platforms soos Facebook en Twitter is ’n maklike kommunikasieinstrument waarop mens nie net sosiaal kan kommunikeer nie, maar ook kennis kan oordra en nuwe idees kan voorstel. Sosiale media is ’n bron van inligting, mits jy dit produktief en vir die regte redes gebruik.

 

b.       My staaltjie is van ’n ander aard. Baie jare terug het ek ’n fiktiewe karakter geskep – Antie Fancie van der Merwe – burgemeester van ’n fiktiewe dorp met die naam van Holbrandfontein. Dit was vet pret! Antie Fancie het oor die 2000 bewonderaars gehad en sy het byna elke dag ’n storie vertel oor haar dorp. Die mense was gaande oor haar, maar ek moes haar vaarwel groet toe ek meer ernstig begin skryf het. Nietemin, Antie Fancie was vir baie eensame mense geselskap en het ’n lag in leke dag gesit – selfs ’n vrou uit haar depressie gehelp.

Ek glo lag is die beste medisyne wat ons Skepper vir ons gegee het – ons doen dit net te min.

3.       Jy het met Ns. Skrywershuis in 2021 begin. Wat het daartoe gelei en wat is jou ondervinding sover daarmee?

a.       Ek het net gevoel dat daar te veel skrywers is wat nie die nodige diens ontvang as wat hulle verdien nie. Te veel swak werk word gepubliseer omdat geld ’n rol speel. Die kostes om te publiseer was belaglik hoog en daar is talentvolle skrywers wat dit nie kan bekostig nie. Bemarking word veral agterweë gelaat met uitgewers, want sodra hulle die betaling ontvang, vergeet hulle van die skrywer.

Die proeflees by sommige van hierdie uitgewers is skokkend en onaanvaarbaar. Oor dit wil ek my liewers nie uitlaat nie. Ek het ongelooflik baie klagtes ontvang van ongelukkige skrywers en ontvang dit steeds gereeld – hulpkrete nadat hulle baie geld betaal het vir publikasies en swak teksversorging – selfs vertalings van boeke.

Ns. Skrywershuis is gestig om talentvolle skrywers te help, sonder om hulle duisende rande uit die sak te jaag, maar ook om die skrywer se werk doeltreffend te bemark met stylvolle advertensies en kwaliteit werk.

Ek werk nou saam met PENdit.za wat die proeflees hanteer. My ondervinding is dat skrywers goeie diens verwag, maar hulle wil ook waarde vir hul geld geniet. Hulle waardeer daardie ekstra wat mens doen. Dit is nie ’n geldmaak bedryf nie, maar ’n bedryf wat ek verskriklik geniet. Dit is só lekker om ’n tevrede en gelukkige skrywer by jou aanlyn winkel te plaas – daardie vreugde en tevredenheid is meer werd as rykdom.

4.       Hoe belangrik is boeke in jou lewe?

Boeke is soos kos – ek kan nie daar sonder nie! Boeke is soos poeding – ek kan ook nie dáár sonder nie. Daarom lyk ek soos ’n paaseier. Ek woon alleen op ’n gasteplaas. Ek sien die stad min en boeke word jou lewensmaat. Daar is nie ’n beter kameraad in die lewe as ’n boek nie (behalwe poeding).

5.       Waar kom die idee van My gebed vir ’n Boer vandaan?

Dit was in die begin van ons eerste grendeltyd – toe ons almal toegesluit was sonder sigarette, drank en Kentucky, met kaste vol toiletpapier.

Ek het net besef dat ons boere gebed nodig het. Die geweld in ons land ruk hande uit. Die boer voorsien ons van die kos op ons tafel – hulle is God se geskapenes om Sy werk op aarde te doen.

Ek het ook toe besef dat ons nie saam kan bid soos, bv. ’n biddag vir die boer nie (weens grendeltyd). Toe vra ek myself: waarom bid ons nie almal saam in ’n boek nie? So het die boek toe ontstaan.

6.       Jy is ook besig met die opvolg van die boek. Hoekom ’n opvolg?

Die behoefte vir trauma-berading onder slagoffers is geweldig groot. Slagoffers het professionele hulp nodig. Daar is baie kostes daaraan verbonde en daar moet soms lang afstande afgelê word om by slagoffers uit te kom. Dit gaan nie net oor ryk boere nie. Daar is ook kleiner boere en minderbevoorregte boere. Hulle het hulp nodig. Om met daardie behoeftes te help, is die tweede boek begin.

7.       ’n Hele paar bekendes het deelgeneem aan die boek, wat is jou ervaring met die mede skrywers van My Gebed vir ’n Boer.

Die bekendes was ongelooflik wonderlik. Net onlangs het Jak de Priester vir my ’n video gestuur waar hy gesels oor die boek, asook vriendin Anneline Kriel-Bacon. Sy is weer die ambassadeur van die nuwe boek.  

Bekendes soos Amor Vittone was uit haar vel oor die projek en Ruben (die bekende sjef) moes opnames herskeduleer om deel te kon neem. Solly Philander was besig om te bestuur toe ek hom geskakel het. Hy was so opgewonde omdat ek hom telefonies bedank – ek het gewonder of daar iets fout is? Ék is die een wat opgewonde moet wees!

8.       In jou mening, was dit suksesvol? Deel met ons ’n staaltjie wat bydra tot die boek se sukses.

a.       Ja, die eerste projek was suksesvol en die fondse was goed aangewend. Dit was nie duisende rande nie, maar dit het ’n paar gaatjies toegestop. Ek het regtig mooi briewe ontvang van bekendes, boere en boervroue wat so dankbaar is vir hierdie projek. Die belangrikheid van die hierdie projek was ook dat die moord op ons plaasboere, asook werkers, weereens blootstelling gekry het – nie net in SA nie, maar ook oorsee. Wat vir my só treffend was, was die vriendskap wat gesmee was gedurende hierdie boek. Bekendes het mekaar ondersteun en so baie het net ingespring en gehelp.

b.       Eendag, toe ’n klein seuntjie by ’n kettingwinkel aan my arm kom trek, was ek heel verbaas dat hy my erken het (sy ma het my erken en hom kortliks vertel van die projek). Hy het skaam na my gekyk. “Oom, dankie dat oom vir my pa bid ...”

Ek moes hard sluk aan die knop in my keel. Ek was werklik stomgeslaan. Sy ma het trots glimlag. Ek het na sy onskuldige gesiggie gestaar. “Nee, dankie vir wat jý doen om ook saam te bid.”

9.       Vertel ons in kort wie jy is en waar jy vandaan kom.

Ek is gebore en getoë op Uitenhage waar ek my weer bevind na vele omwentelings in my lewe. My pa is oorlede toe ek twaalf was en ek is geseënd om nog my moeder na aan my te hê. Sy is my asem en my meeste liefde, my hartklop en my grootste ondersteuner. Dit staan buite alle twyfel dat ek ma-se-kind is – ’n groot dromer wat alles in die lewe wil gee en tevrede is met álles wat ek het. Ek dank my Skepper so veel ek kan, elke dag van my lewe.

Nico, baie dankie vir die saam gesels ek het dit baie insiggewend gevind.

Vir meer inligting om saam te skryf aan MY GEBED VIR 'N BOER TWEE kan die inligting verkry word by https://nskrywershuis.co.za/gebedeboek/

  

Kloof, Toek-A-frikaans Bundel 32



Wat 'n voorreg om deel van hierdie projek te wees. 
Baie dankie Myra Lochner van Kreativ SA vir hierdie prag bundel. 

"My droom is om as samesteller die gedigte en gedagtes van soveel moontlik skrywers te string tot 'n skittersnoer tussen woord en die Woord."


32
Junie / Julie 2022
Gepubliseer deur KREATIV SA
ISBN 9781998961160

Ons WINTERBUNDEL, KLOOF, word opgedra aan ons medewerkers, Elsa Engelbrecht en haar broer, Tiens Pretorius wat albei gedurende 2022 na hul Hemelwoning vertrek het, en ook aan Adéle Theron, wat op 25 Julie 2022 oorlede is.


My rubriek kan hier gelees word My Skoppenskamer



Sagteband kan bestel word direk by my teen R180, koerier uitgesluit. 

Skakels van ʼn ketting

Inspirerende sielsgedagtes oor verhoudings ...

1.    Tussen ouers en kinders en die invloed daarvan op jou menswees.

Hierdie boek is ‘n opvolg van soortgelyke boeke soos “Koester jou Menswees”, “Leef jou Waarde” en “Worthy to be Loved” wat bestaan uit kort inspirasiestukkies. 

Die boek dien as inspirasie met ‘n sterk Christelike boodskap. Die idee is om God se hart (gevind in Sy Woord) te deel met ‘n honger, soekende, verlore wêreld.

Ons kry baie te doen met stukkende mense, mense wat honger is vir liefde en verstaan, mense wat rigting en leiding soek om sin te maak uit die lewe. Al hierdie antwoorde lê in God se Woord. Boodskappe wat Hy op ‘n unieke manier in elkeen se hart kom lê. Ook in die deel van eie ondervindings. Daarom is dit noodsaaklik dat elke skrywer, in ‘n persoonlike verhouding met die Skepper moet staan. Fyn ingestel moet wees op die stem van die Heilige Gees.

Die tema’s word so saamgestel dat dit geskik sal wees vir troos, bemoediging, aansporing, en ook dien as rigtingwyser na ‘n lewende God wat oplossings vir al die swaarkry en probleme bied. Die doel met hierdie boek is nie om geld daaruit te maak nie, maar iets in iemand se hand te plaas wat kan help om die lewe vir hulle meer sinvol te maak.


Oorsig

Geen mens is gemaak om alleen deur die lewe te gaan nie. Ons vorm ʼn onsigbare ketting met God as die begin- en eindpunt.

Ongelukkig verswak skakels in die ketting as gevolg van sonde, en die vyand se doelwit is om gesonde verhoudings daardeur stukkend te breek. Hy weet dat as daar geen eensgesindheid en liefde onder ons is nie, verswak die saambindfaktor, raak die skakels bros en breek die ketting maklik.

Kyk maar hoe gaan dit vandag in huishoudings; in familiekringe; in werksituasies; in die politiek; in ons land en die hele wêreld. Onmin en liefdeloosheid is aan die orde van die dag. Die wêreld lê besaai met gebreekte skakels.

Om verhoudings te kan herstel, moet ons eerstens weer gaan vashaak aan God, die bron van oorsprong, liefde en krag. Hom toelaat om ons te genees en heel te maak. Daarna moet ons leer om onsself te vergewe en lief te kry voordat ons kan uitreik en weer vashaak aan ander.

Mag hierdie skrywes, uit verskillende ondervindings en standpunte, tot inspirasie dien vir elke leser.

Dankie aan elke skrywer wat hul hart en ondervindings hier kom deel het.

Dankie aan ʼn liefdevolle hemelse Vader wat hierdie projek op my hart gelê het en die regte mense daarvoor bymekaar gebring het.

Alle dank, lof en eer aan ons Skepper Heer.

Driekie Grobler

Gepubliseer Maart 30, 2022



Worthy to be Loved composed by Driekie Grobler

Copyright ©: DJG PROJEKTE

Publisher: DRIEKIE GROBLER

Email: djgprojekte@gmail.com

Printing and binding by:

Group 7 Printers and Publishers CC

Pretoria, www.groep7.co.za

email@groep7.co.za


Thank you to our Heavenly Father for the privilege of knowing Him and to be part of His wonderful plan to be used as a worthy instrument in His hands.

Thank you to all the writers who formed part of this project. I am sure you were chosen by the hand and lead by the Holy Spirit in writing what God wants the people, so desperate and hungry for the truth, to hear.

Thank you to the proofreaders helping to get everything in place.


The most important thing in life, to survive all the harshness we are confronted with daily, is LOVE.

Without LOVE we are totally lost and lonely. Like a ship without a sail - out of control and vulnerable to be thrown off course and destroyed by every storm coming our way.

God, our Father, who created every one of us, knew this, and that is why He send His only begotten SON, Jesus Christ, to became man on earth, so that He can show us HOW to LOVE. And, although they crucified Him, He still loves us dearly and it is not His will that one person be lost.

His LOVE is UNCONDITIONAL and no matter who you are of what you did, He will ALWAYS love you.

People may hate and hurt you, they may reject you, turn their back upon you when you don’t fit into their way of doing. But they can never take God’s love away from you.

For you are WORTHY TO BE LOVED.


WRITERS’ INVOLVED WITH THIS PROJECT:

 

  1. Driekie Grobler—living in Pretoria. Christian Counsellor / Motivational speaker / part-time Writer and Author of several Inspirational and other Books. Part-time proofreader for other writers.

 

  1. Alet Tinkler—Born and bred in Kroonstad in the Free State. Married. Mother of a son and a daughter. Teacher by trade for the last 36 years. Part time and voluntary counselling in prison and on a one-to-one basis. Also involved in Prison Ministry.

 

  1. Nicola Tinkler—I am a graduate of North West University and hold a Bachelor’s degree in Health Sciences as well as an Honours Bachelor’s degree in Sport Science, complemented by a Master’s degree. I am a full-time lecturer and Program Coordinator of the Sport Management Department at Centurion Academy in Klerksdorp. With regards to writing, I certainly do not see myself as a writer, but rather as a pen in God's Hand. Everything that I have written so far, has been inspired by the Holy Spirit.
  2. Isak de Lange—is living in the East Rand. Retired Human Resources and Labour Relations Practitioner, where he also gave motivational talks and did a fair amount of counselling amongst poorer and the less privileged.

5. Lynelle Clark—lives in Gauteng, South Africa. My writing career began in 2010 and 4 fictional books were published. I have always loved to read books, in which I discover new worlds. Meeting new people and travelling is one of my passions. So far, the writing journey has been exciting, helping aspiring authors in my free time as I mature. I also help authors in different areas of the writing process and do freelance content writing for blogs. My most recent project, Spore van Genade was published in October 2019.


Inkspraak 2 



Ek het die voorreg gehad om deel te wees van hierdie fantastiese projek deur Anze Bezuidenhout van Ink in Afrikaans.

Toe ek die tweede prys wen vir my storie Moedeloos verslaentheid se nadraai was my dag en jaar gemaak.

Baie dankie vir die voorreg om deel te kon wees van hierdie projek. Om net jou storie in 'n boek te kry is al 'n groot wen maar wanneer dit saam met ander ewe begaafde skrywers te wees maak dit soveel beter.

Die versameling sluit in verskeie genres wat die lagkliere kielie, en die trane laat rol. Daar is ook verskeie lekkerkry stories wat sommer net die dag betekenis gee. Definitief 'n moet vir enige leser.

Ink In Afrikaans 



'n Liefdadigheidsprojek 

Tolbosse het mos 'n manier om skraapmerke te los as hy jou vang. Ons paaie word gekenmerk aan die brandnetelrowe van die lewe. Maak dit saak waar ons hulle gekry het? Nee, solank ons opstaan. Jy het dit in jouself om te genees en te gee en te vertel. Jy het dit om die silwerrand om iemand anders se donker wolk te wees.

Spore van Genade is die inisiatief van die skrywer, Alta van Zyl, wat die pad van verslawing, mishandeling, armoede en vele meer eerstehands ervaar het. Haar aanskouing van die vernietiging wat dit aanrig het haar genoop om in 2005 die Hope Anointed Ministries bediening te stig wat die verspreiding van die bundel nou moontlik maak.
Ses en veertig skrywers en digters het saamgespan om geboorte aan hierdie projek te skenk. Dit  was soms ‘n opdraende pad maar met gebed en volharding in geloof, kan ons met  trots aankondig dat hierdie juweel van 306 bladsye die lig gesien het. Die fondse wat  verdien word uit  hier pragbundel sal aangewend word om nood te verlig onder ons volk wat gebuk gaan onder armoede, werkloosheid, weeskinders, verslawing, boemelaars,  mishandeling en verwaarloosde bejaardes. Die skrywes in hierdie bundel handel ook oor genoemde aspekte.
Die nood daar buite is hoog! As ons saamstaan kan ons ‘n verskil maak.
Liewe leser, baie dankie vir u ondersteuning in die aankope van die bundel. Mag die skrywes in hierdie saamgestelde bundel u hart aangryp en u seën.

Mag jou lag weerklink
trane nie jou oë laat blink
Laat jou drome vlerke kry
laat liefde in jou hart gedy

Spreuke 3 : 27
Moenie weier om te doen wat  goed is, as dit in jou hand is om dit te doen nie


Boekinligting: 
Spore van Genade
Kopieregte: Hope Anointed Ministries: Alta van Zyl (Hope)
Self-Publiseerder: Hope Anointed Ministries
Sagteband ISBN: 978-0-6399309-8-5
Gepubliseer: Augustus 2019
Projekkoördineerder: Lynelle Clark
Fotograaf: Theuns de Bruin
Ontwerp van Boekomslag: Odette Clark
Illustrasies: Elmari van Zyl (LiefieKinD)
Illustrasie: Antonette Bisset
Proefleser: Driekie Grobler
Proefleser: Anzé Bezuidenhout
Bladuitleg: Lynelle Clark
Bladsye 302

‘n Liefdadigheidsprojek.
Opgedra aan Rudolf Frank Victor

Soos elke klippie uniek is, so is ons as mens.

Luister eerder
Gee eerder
Help eerder
Bid eerder
Waardeer eerder meer!

‘n Verskil begin by jou. In jouself.
Een vuurhoutjie steek ‘n hele veld aan die brand.

Wees lig elke dag!
Want Liefde Wen.

Danielle Lotter (Dogter)

Verkoopprys R245 Posgeld uitgesluit
Verkrygbaar by elke deelnemende skrywer en digter


Oorsig

Wat is asemloos? Asemloos was ek eendag op 'n lang dag. 'n Dag sonder dat ek die son sien opkom het, 'n dag sonder hoop, sonder tyd, sonder 'n geluid. Mense sê hulle tyd is duur. Wat is my tyd wat ek op die plek moes verduur?
Die son kom op en sak maar ek weet nie eers of dit dag of nag is nie. Die verskil tussen water en asyn, sweet en roosmaryn ken ek nie eers meer nie. Ek sit hier op die wal van die Vaalrivier.  Kaalvoet man sonder 'n van of naam... So weet dié mens min!
Ek, die man op die maan.  ‘n Man met my eie taal. In ink geteken my verhaal. Die mense lag! Daar staan die boemelaar ou maar ek stap, stap my voete rou. 'n Laaste dag dalk, ‘n laaste nag. In my hart 'n blondekop dogter en 'n donkerkop vrou wat my nog laat wag voor ek vertrek na die Hemelseprag!
Die lewe ken my stap, Vader het my pad vir my uitgekap. Gedra was ek deur gebede! As die mens maar weet! Die verskil tussen water en grond. Vis en vleis. Is soos ek, die gewonde boemelaar man. Ek op my “boks” en jy op jou "king size" bed....
Wat is die verskil? Hoekom is jy skaam vir my?
45 Woordkunstenaars, 1 Bundel

 

Biografie Alta van Zyl


Alta van Zyl is in Klerksdorp, Suid-Afrika gebore en het grootgeword in Randlespark. Op die ouderdom van 16 het sy swanger geraak met haar dogter. Later jare is Alta getroud en het ook ‘n stiefseun ryker geword. Vandag is sy die trotse ouma van 3 kleinkinders. In 2016 is sy geskei.
Sy is ‘n regte “Warrior Women”. Om te bly hoop, al is daar niks om voor te hoop nie, is haar leefwyse. Haar eerlikheid en sagtheid is welbekend onder haar hartsmense. Sy is altyd gereed met ‘n vriendelike groet en opbouende woord. Sy tree op soos sy is.
Na ‘n moeilike lewe het sy, op die ouderdom van 31, haar lewensverhaal begin skryf. Ander boeke het ook daarna gevolg. Haar uithouvermoë en aanhou probeer maak van haar ‘n ster wat helder skyn. Sy was betrokke in haar bediening wat vir ‘n tyd lank toe was, maar nou weer oopgestel is. Of sy ‘n boek skryf of nie, sy is besig met die bediening en die bemarking van haar boeke. Sy beskou elke mens se sukses, in wat hy/sy ookal bereik, as sukses. Die een is nie méér belangrik as die ander nie. Wanneer jy doelwitte gestel het en dit bereik het, was jy suksesvol.
Alta glo in groei, dat ‘n mens kennis moet opbou in verskeie areas en dat ‘n mens nooit genoeg intellektueel en emosioneel kan groei nie. Sy sal elke dag leersaam wil bly, want … “’n Mens is nooit te oud om te leer nie”. Emosionele volwassenheid is iets wat plaasvind met verandering van gedagtes, daarom is sy nie bang vir veranderings in haarself en haar denkwyses nie. Die swaarkry (geestelik, emosioneel en liggaamlik) van die mens lê haar na aan die hart en as sy ‘n verskil kan maak, is dit vir haar ‘n groot bonus, floreer sy en is sy in haar element. Die boemelaar op die straat wat steeds lewe en glimlag wanneer daar ‘n geldstukkie in sy hand gestop word, inspireer hierdie vrou. Dit laat Alta besef hoeveel sy het om voor dankbaar te wees en dit inspireer haar tot ‘n groter omgee-hart wat oorloop van liefde, sonder enige veroordeling, want niemand van ons stap in die boemelaar se skoene nie.
Lees mens dié merkwaardige vrou se verhaal, verstaan jy ook wat so inspirerend uit haar verhaal is, want sy is deur ongelooflike diep waters en vuur, nie een maal nie, maar talle kere in haar lewe. Al wou sy het sy nooit gaan lê nie, maar elke keer sterker anderkant uitgekom. Vandag is sy die vuur! ‘n “Free spirit.” Wat jy sien is wat jy kry. Sy dra geen maskers nie. Lank gelede reeds is dit verbrand en voorgee is nie in haar woordeskat en leefwyse nie. Alta is dieselfde mens agter geslote en geopende deure!
Om jouself te vind en lief te hê is vir Alta van Zyl die definisie van ware geluk. Die sleutel tot geluk vind ‘n mens net binne jouself. Jy kan niemand gelukkig maak en ook self gelukkig wees, alvorens jy nie ware geluk binne jouself ontdek, ken en leef nie.
Haar advies aan jong aspirerende skrywers is om jou boeke self te probeer publiseer. Glo in jouself, al neem dit jou jare. Hou aan glo in jou boek en skryfvermoëns. Die eerste paragraaf is al die sleutel na sukses.
Ten laaste glo sy: Dra jou kroon, want jy is vrou.

Adri Theron, Alta van Zyl, Alviera Owerwagen, Andre Viktor, Anjelika van den Berg, Anna Malan, Anria Breed, Antonette Bissett, Anso Conradie Sutton, Anzé Bezuidenhout, Bernard Fielies, Bernedine Koch, Charlene Moche. Danielle Lotter, Delana Goosen, Driekie Grobler, Eliztha Jacobs, Francois Meyer, Ingrid Wepener, Jacky de Klerk, Johan Heyns, Koster Cronje, Elmari van Zyl, Linda du Plessis, Liza Daniells, Louis Krüger, Louisa van Vliet, Marie Stroh, Margaret Bennett, Marietjie Espach, Mariaan van Zyl, Marike Erasmus, Nadine Strydom, Pieter Henning,
Salome Opperman, Samantha Wepener, Santi Kruger, Saretha Benade, Stienie Boshoff, Sybie Kleynhans, Tinus Nortje.





Gedagtes van sommige skrywers
Isak de Lange

Aanvanklik het ek net gehoor van hierdie projek en ‘n ondersteuningsrol vertolk. Met die lees en raad gee het ek van meet af my vereenselwig met die deelnemers se ervarings. Toe ek dus die geleentheid gekry het, het ek my hart oopgebreek en my seer gedeel. Dinge wat ek onder die sand begrawe gehad het. My storie oor siekte tot die dood. My stryd van oorlewing, mislukte verhoudings, selfdood gedagtes, ens.. Toe ‘n bydrae oor die seerkry en vernedering van my kinderjare. Dinge wat daar was en wat my die mens gemaak het wat ek vandag is. ‘n Sterk gelowiges wat uit genade gered is. “Spore van Genade”, want sonder God se genade was ek verlore.

Lynelle Clark

Aanvanklike het ek net as ‘n deelnemende skrywer saam met die projek begin. ‘n Paar dae later was ek pens en pooitjies deel van die projek en moes ek skielik beheer van vyf en veertig mense se skrywes vat. My rekenaar was gebombardeer met gedigte, kort verhale en prosa stukkies en hoendervleis permanent op my vel te bespeur van weë die inhoud. Jy kan nie anders as om meegesleur te raak met die woorde nie. Die pyn, hartseer, en verlange het ‘n allesoorheersende drang gelaat om die proses klaar te maak. Die onderwerpe sluit in armoede, verslawing, bejaardes, kinders- en vroue mishandeling in en sluit af in triomf. Dit sal skok en jou laat ween en hopelik laat dink om deel te word van die oplossing. Hierdie is ‘n moet bundel op jou boekrak. Een wat jy met trots aan vriende en familie kan voorstel. Alta is ‘n besondere vrou en ons twee het baie nou saamgewerk. Daarom kan ek met absolute oortuiging hierdie boek en projek aanbeveel. Sy is nie net ‘n prater nie maar ‘n doener. Haar lewens verhaal die kern van dit als.

Mariaan
Getuienis en die rede vir die boek. Dit is net een geval.
Anthony het in Witbank se onderdorp grootgeword. Hy was op laerskool toe dwelmhandelaars hom in hulle kloue gekry het. Ek en sy familie het vergeefs vir hom hulp gesoek. Selfs die hof kon nie help om hom te dwing om vir rehab te gaan nie. Almal skryf 'n dwelmverslaafde af en glo dat hulle nie gehelp wil word nie. Op 14 was hy geheel en al verslaaf aan heroien. Hy het by se ma gebly en een aand verdwyn. Later het hy opgedaag, blou om sy mond en voor sy ma se voete neergesak waar hy gesterf het weens n oordosis op die ouderdom van 18. Hy was 'n pragtige jongman. Rehab sentrums is onmenslik duur en Anthony se ma het reeds gesukkel om kop bo water te hou. Vandag bied sy ma slaapplek in haar klein woonstelletjie vir dwelmverslaafde straatkinders. Dis al wat sy kan doen. Niemand is bereid om hierdie kinders te help nie.

Voorlopige bestellings kan bestel word by Lynelle Clark letterpas@gmail.com
R245 posgeld uitgesluit 
 


6. 
Elmarie Nienaber van Kampen—living in Newcastle in Kwa-Zulu Natal, on a small holding just outside the town. Work at a pre-school in the mornings and the rest of the day and weekends, I spend time with my family and write poetry, magazine articles and other writing projects.   




Ink in Afrikaans

KOMPETISIE wenners

 VOLWASSENES



KORTVERHALE:

Weskus sonsak – Yolandi du Plessis                                 ALGEHELE WENNER

Moedelose verslaenheid – Lynelle Clark                            NAASWENNER

3.Die moeite werd – Isabel Martinsen                                   

Solly se storie – JJ van Rensburg

Waar is my Nina – Melindi Heyns

 

ALGEHEEL GEDIGTE VOLWASSENES:

1.Andries Fourie met Eindeloos (Elegie)                                     WENNER

2.Bertie Cloete met Plaas Psalm (Balade)                                NAASWENNER

3.Karlie Lubbe met Plaaskind (Vryvers)                                

4.Johan van der Merwe met Vestingsnes (vryvers)

5.Pieter Mostert met God dig die natuur (Vryvers

 

BALLADE:

Ballade van die man in die mis – Morne du Preez                    AFDELING WENNER

Ballade vir ‘n briekdanser – Sharon du Preez

Ballade van ‘n droomseisoen – Andries Fourie

In diepe nood – Francois Meyer (Gedagtes)

Ode aan ‘n renoster – Linda du Plessis

 


ELEGIE:

1.Eerste liefde – Carmen Edwards                                             AFDELING WENNER

2.Elegie vir ‘n babelaar – Sharon du Preez

3.Trane – Ronnie van Niekerk

4.Onthou my naam – Drienie Kelly

5.Net nog ‘n kind in die graf Balmoral – Amanda De Meillon


 SONNET:

Gimnas van die lewe – Marietna(Etna) Wepener                                AFDELING WENNER

Digter van die liefde – Pieter Mostert

Nemesis – Adri Theron

Siklus – Ronnie van Niekerk

Engelse Sonette-krans – Andries Fourie

 

VRYVERS:

1.Spyt Elmarie Nienaber Van Kampen                                     AFDELING WENNER

2.Begrawe my hart – Mardeen Tait

3.Vrees – Karlie Lubbe

4.Roekeloos – Lizelle van Sckalkwyk

5.Kalkkliptorings – Jolene Nell

 

STUDENTE / LEERLINGE

KORTVERHALE:

1.’n Jaar daarna – Marianne Roos                                         ALGEHELE WENNER

2.’n Waas van waarheid – Mia le Roux                                 NAASWENNER

3.Verander die mens – Aliyah Cremer

4.’n Ander tipe joernaal – Zindi van Zyl

5.Leisie die luis – Ankia Killian                                                   

 

GEDIGTE:

ALGEHEEL

Eierdans – Olivia Lubbe  ALGEHELE WENNER

Haar hart Jenna Wilkenson NAASWENNER


1.Miskien – Twana Nel                                                     AFDELINGWENNER

2.Ewigheid – Marissa Fourie

3.Asblik kinners – Zindi van Zyl                  

4.. Pandemiepandemonium – Chanel Morgan

5.’n Ballon – Alicia Jansen van Rensburg


Spore van Genade





Kontreistories

SA Skrywers - Kontreistories - 29 Verhale deur verskillend skrywers #Afrikaans


Vir verdere inligting kan dit HIER gelees word. 

Op elke kontrei dorpie is die een of ander bewaarde geheim, staaltjie te vertelle of sommer net ʼn storie wat elke nuweling op die dorp móét hoor. In SA Skrywers se Kontreibundel word jy weggevoer na die lewe van klein Hansie en jy ervaar ʼn begrafnis op Loopspruit. Hierdie bundel se stories beloof om jou volgende keer twee keer te laat dink voordat jy sê: dit is net ʼn scrapyard of dis net ʼn stukkende windpomp.
Durf die reis aan saam met elk van die skrywers en word deel van die lewe in SA Skrywers Kontreibundel se unieke wêreld.





 

No comments:

Post a Comment

Day Eight: How Does Your Future Look Like?

  I want to leave you with the following passage from the Book of Revelation. This section speaks about our future inheritance (nachal). L...