Monday, August 29, 2022

Juweel van die Oosgrens

 



Genre – Geskiedkundige roman

Bladsye - 244

Gedrukte Boek: 978-0-620-90279-3

Kindle: 9780620902809

 

Oorsig

Die mengsel van tale het ʼn groot rol gespeel in die skepping van die taal wat ons vandag ken. Afrikaans is gevorm in die warm kombuise en wye vlaktes van ons mooi land en het vir vele interessante oomblikke gesorg.

1815 is gekenmerk deur aanpassings, afstande en onluste. In die midde hiervan het Celeste Reyneke geleef. Op haar agtiende verjaarsdag verander haar lewe dramaties en eindig op in ‘n gerieflikheidshuwelik. Twee jaar later moet sy die wêreld weer alleen in die gesig staar en beland op die Oosgrens. Die tweejaar-lange huwelik was alles behalwe maanskyn en rose en eindig traumaties. Ontnugterd volg sy die pad die binneland in.

Celeste het grootgeword in die Kaap van Storms met ʼn oop gemoed en lus vir die lewe. Sy kon lees en skryf en het ʼn ‘beroep’ gehad. Vir haar het dit natuurlik gekom om die tyd en reëls te verander soos wat die geleentheid hom voorgedoen het. Haar unieke talente kom dadelik op die voorgrond en gou besef mense sy is ʼn aanwins vir die gemeenskap. Maar sy het ook die koppe laat draai. Met die tekort aan vroue en haar natuurlike skoonheid trek sy die aandag.

Barend Olivier, die toonbeeld van manlikheid en dapperheid, is op soek na ʼn vrou wat sal aanpas by sy lewe aan die Oosgrens. Tydens ʼn tweeweke-lange patrollie leer die twee mekaar ken. Maar die pad is lank, warm en rof en ʼn man kan net so lank van ʼn aantreklike vrou af wegbly voor die fisiese begeertes oorneem. Sal hulle betyds ʼn prediker kan vind?

Die belangrikste vraag is: Sal Celeste hom toelaat om haar lief te hê?

Ek nooi jou om saam met my op hierdie reis te gaan en nie net die spanning van hierdie tydperk te ervaar nie, maar ook die romanse te vind in die grasvlaktes van ons mooi land.


Vir jou Kindle is die boek beskikbaar op 


 

#afrikaanseleesgenot #historieseroman #noubeskikbaar #skrywers #leserskring  


Resensie

Nou net jou boek Juweel van die Oosgrens klaar gelees. Uitstekend. Ek het die boek begin lees en kon dit nie neersit... Het die laaste 6 hoofstukke in die besige mall gesit en lees terwyl ek wag vir my kar. Die wêreld kon om my vergaan, maar neersit was daar geen sprake... Baie dankie vir die voorreg om so puik stukkie skrywe te kon lees. Regtig 'n puik boek wat die spanning regdeur behou... En snaaks genoeg ek het gedink dat daar moet net 'n hartseer einde kan wees, dat dit te goed is om waar te wees, en tog het dit my verbly dat dit 'n goeie einde was.

Christa Diedericks

 

 

No comments:

Post a Comment

Day Eight: How Does Your Future Look Like?

  I want to leave you with the following passage from the Book of Revelation. This section speaks about our future inheritance (nachal). L...