Genre:
Misterieuse Spanningsverhaal
Uitgewer:
Ns. Skrywershuis Publikasies
Novelle:
25058 woorde
ISBN: 978-1-7764392-8-7
Bladsye: 85
Bertha Geldenhuis se lewe het ’n lelike
draai gemaak die dag toe sy met Heino Beetge en sy vriende deurmekaar geraak
het. Die prys van dié vriendskap het haar alles wat belangrik is gekos.
Wanneer hoop net ’n vae begrip word en
vriendskap yler as hoendertande, dan weet jy jou keuse was ʼn fout. Sou sy die
een hand wat wel na haar uitgehou word vat, of sou sy aanhou om die verkeerde
besluite te neem? Die besluit van kennis van goed ... of kwaad?
Luitenant-Kolonel Hendrik Swanepoel is
op die drumpel van aftrede. Sy lewe as oujongkêrel en toegewyde polisieman was
vervullend. Maar die dag toe hy Bertha Geldenhuis ontmoet, was sy keuses
afgebaken in hoopvolle meetsnoere.
Met die ewige vraag: wat beteken die
kennis van goed en kwaad nou eintlik, word hy aangespoor om die antwoord vir
Bertha te soek. Wat hy vind is meer as net ’n antwoord. Dit is ’n openbaring
wat hom op wye draaie sou vat.
Hoop is soms al wat ons het om aan vas
te hou ...
’n Spannende misterie-novelle.
Skakels:
Goodreads: Verlore
Gisters, ’n Spannende misterie-novelle.
Amazon / Smashwords
No comments:
Post a Comment