Elke weeksdag word ons #vervolgverhale voorgelees op Die Waarheid Radio af.
Myne is Woensdae aande.
Skakel gerus in hier. Die stories word voorgelees deur Floris van Zyl.
Elke weeksdag word ons #vervolgverhale voorgelees op Die Waarheid Radio af.
Myne is Woensdae aande.
Skakel gerus in hier. Die stories word voorgelees deur Floris van Zyl.
Bladsye - 244
Gedrukte Boek: 978-0-620-90279-3
Kindle: 9780620902809
Die mengsel van tale het ʼn groot rol gespeel in die skepping van die taal wat ons vandag ken. Afrikaans is gevorm in die warm kombuise en wye vlaktes van ons mooi land en het vir vele interessante oomblikke gesorg.
1815 is gekenmerk deur aanpassings, afstande en onluste. In die midde hiervan het Celeste Reyneke geleef. Op haar agtiende verjaarsdag verander haar lewe dramaties en eindig op in ‘n gerieflikheidshuwelik. Twee jaar later moet sy die wêreld weer alleen in die gesig staar en beland op die Oosgrens. Die tweejaar-lange huwelik was alles behalwe maanskyn en rose en eindig traumaties. Ontnugterd volg sy die pad die binneland in.
Celeste het grootgeword in die Kaap van Storms met ʼn oop gemoed en lus vir die lewe. Sy kon lees en skryf en het ʼn ‘beroep’ gehad. Vir haar het dit natuurlik gekom om die tyd en reëls te verander soos wat die geleentheid hom voorgedoen het. Haar unieke talente kom dadelik op die voorgrond en gou besef mense sy is ʼn aanwins vir die gemeenskap. Maar sy het ook die koppe laat draai. Met die tekort aan vroue en haar natuurlike skoonheid trek sy die aandag.
Barend Olivier, die toonbeeld van manlikheid en dapperheid, is op soek na ʼn vrou wat sal aanpas by sy lewe aan die Oosgrens. Tydens ʼn tweeweke-lange patrollie leer die twee mekaar ken. Maar die pad is lank, warm en rof en ʼn man kan net so lank van ʼn aantreklike vrou af wegbly voor die fisiese begeertes oorneem. Sal hulle betyds ʼn prediker kan vind?
Die belangrikste vraag is: Sal Celeste hom toelaat om haar lief te hê?
Ek nooi jou om saam met my op hierdie reis te gaan en nie net die spanning van hierdie tydperk te ervaar nie, maar ook die romanse te vind in die grasvlaktes van ons mooi land.
#afrikaanseleesgenot #historieseroman #noubeskikbaar #skrywers #leserskring
Resensie
Nou net jou boek Juweel van die Oosgrens klaar
gelees. Uitstekend. Ek het die boek begin lees en kon dit nie neersit... Het
die laaste 6 hoofstukke in die besige mall gesit en lees terwyl ek wag vir my
kar. Die wêreld kon om my vergaan, maar neersit was daar geen sprake... Baie
dankie vir die voorreg om so puik stukkie skrywe te kon lees. Regtig 'n puik
boek wat die spanning regdeur behou... En snaaks genoeg ek het gedink dat daar
moet net 'n hartseer einde kan wees, dat dit te goed is om waar te wees, en tog
het dit my verbly dat dit 'n goeie einde was.
Dear valued client,
I have 10 years’ experience in fictional and non-fictional writing. I have self-published six books and collaborated with seven other writing projects. Two of them are devotional books, Worthy to be Loved and one in Afrikaans, called Skakels in my Ketting.
I have a keen interest in Christian Living and apply this knowledge in my writing to give the reader a better understanding of the topic.
I have written articles for an English online magazine for a time and was a content writer for an internet radioprogram for single women.
I have a quarterly newsletter and will add the links to the newsletter for greater reach.
I write both in North American and British English and make use of ProWritingAid to assist with the grammatical areas. A proofreader will polish the final manuscript to make it publish ready.
I create all book covers on Canva or ask graphic designers to assist when in doubt. I understand the entire process from beginning to end and would like to assist.
I help with page layout and create the conversion to Kindle.
I can create all profiles on relevant platforms and do the uploads.
For a complete list, click here.
I write the first draft and send it back for your reading and feedback.
I am a very diligent writer that likes to complete a project in time. I have a good eye for detail and will be in contact with you regularly.
Once you are satisfied with the manuscript, it would be sent to the proofreader for a last read.
Once completed, and you are satisfied with the end result, the project is completed.
I can assist with the following:
Page outlay, printing quotes, book cover, ISBN, and create profiles if you don't have.
I trust we can establish a good relationship. I await your response.
Kind regards
Lynelle Clark
Author / Freelancer / Coach / Virtual Assistant
Contact: lynelleclark@outlook.com for a quote
50% of payment is required before the start of the project.
For smaller projects, the full amount is required.
Here are snippets from my work.
When writing
your life story and family and friends' names are mentioned, it is your
responsibility to talk to them and get permission on paper. Do this before we
begin.
Please
Note:
o I write about 2000 words a day (workdays)
= 40 000 words a month. Depending on the timeframe and word count, we want
to reach.
o I am also willing to be part of selected charitable projects. Please contact me.
o My weekends are my replenishing time, please respect that.
Die Oosgrens se skilderagtige natuurskoon
het skuiling gebied aan verskeie roofdiere waarvan die tweevoetige soort die
wreedste is. Hulle kon net nie hul waaksaamheid verslap nie en was slaap ʼn
luukse. Haar lyf was nie meer die lang togte gewoond nie en sy het dit deeglik
gevoel.
Bo-op die kop het sy die plaashuis beskou
met hernude krag. Die plaas het soos ʼn oase hulle nadergewink en die laaste
paar myl is haastig afgelê. Selfs die osse was haastig om die groenigheid en
koelte te bereik.
Toe hulle die werf inkom, lei die drywer
die osse behendig onder die koelte van die bome in. Dit al klaar is ʼn hemelse
gevoel. Die osse se vrolike gebulk en gemaal vul die lug en hulle skop
behoorlik stof op wat neerdaal in ʼn swierige warrelwind voor dit tot ruste kom
op mens en dier.
Bly om uiteindelik ʼn bekende gesig te sien,
bondel Celeste haar romp om haar enkels en spring af, haar gehawende velskoene
duidelik sigbaar.
"Welkom op Môregloed, liewe nig."
Met stram bene kom Celeste op die grond te lande en probeer haar moeë spiere
strek. Kans vir strek is egter min soos wat sy in ʼn liefderike druk vasgepen
word. Die reuk van varsgebakte brood wat aan Fleur hang laat haar onmiddellik
ontspan. Met ʼn klapsoen word sy nader getrek en Celeste lag verleë.
"Dankie Fleur, hoe gaan dit met
julle?"
"Goed,
goed. Kom in, jy moet uitgeput wees. Die koffie is hoeka al gereed." En
saam swaai hulle in die rigting van die huis.
Daar is min vrouens wat daarop kan roem dat
hulle nog ʼn maagd is na twee jaar se huwelik, iets waaroor sy baie dankbaar is.
Sy aanraking was nie liefdevol en sag nie. Die vuis en tong se hale het haar
onskuld vertrap. Dit het haar van haar onskuld ontneem, haar lyf ʼn ope kaart
van sy geweld. Haar vel weerspieël die lang, uitmergelende tye op die landerye.
Ten spyte van die hitte is sy dankbaar vir
die klere wat elke duim van haar bedek; haar skuiling teen die nuuskierigheid
en ʼn skans teen haar opmerksame niggie se vraende oë. Van die oomblik wat sy
daar aangekom het, het Fleur se deurdringende kykers haar met medelye betrag.
Dit was simpatie wat sy nie wou hê nie, dit sal haar sag maak. Sy moet opstaan
en simpatie gaan dit nie doen nie. Sy het lank genoeg weggekruip agter haar
vernedering.
Daardie vernedering was vererger deur sy
openlike keuses. Sy was die slaaf in die huis. Alhoewel sy wettig sy vrou was,
was sy gelyk aan die werkers op die plaas. Haar taak was vermoeilik deur die
langdurige blootstelling van mishandeling deur sy houvrou.
Om te ontvlug het sy meer tyd op die lande
deurgebring waar die volk haar alles geleer het omtrent die boerdery. Hulle was
haar familie en sy het vir hulle gesorg soos ʼn moeder vir haar kinders. Op die dag
van sy dood het sy die brief aan Fleur gestuur en binne ʼn week het sy die
antwoord gekry om te kom. Daardie selfde dag was haar paar besittings gepak en
die osse gespan.
As ʼn laaste
afskeidsgroet het sy die plaashuis aan die brand gesteek. Alles wat aan Darius
behoort het, is verbrand. Vuur was haar vertroosting en genesing. Abe en Isaac
het aangedring om saam met haar te kom en onwillekeurig het sy ingestem, iets
waaroor sy eintlik baie bly was. Hulle bystand het gehelp op die lang roete.
"Hallo, Robert, ek is net so bly om
jou te ontmoet," antwoord sy glimlaggend. Sy kniel langs die twee en gee
Robert ʼn stywe drukkie. Nico staan terug en staar haar oopmond aan. Celeste
besluit om hom eerste te groet. "Hallo, Nico, aangename kennis, Monsieur."
Skamerig druk hy homself agter sy broer in sonder enige woord of glimlag.
Celeste kan nie help om dadelik van die twee te hou nie. Intense blou oë staar
na haar vanuit hul sproetgesiggies.
"Hoe oud is jy, Robert?"
"Ek esth vyfth en my broer esth
drieth," lispel hy kordaat en onmiddellik steek klein Nico drie vingers in
die lug.
"Hy praath ni met vreemdelinge
ni," verduidelik Robert skamerig.
"Robert, jou maniere," onderbreek
Fleur hulle, maar Celeste skerm gou.
"Wel, môreoggend sal ek nie meer ʼn
vreemdeling wees nie. Sal julle my wil help om gemmerkoekmannetjies te bak as
dit reg is met Mamma?"
"Kan onse mummie, kan onse
ssebliefth?" vra albei gelyktydig en kyk na hul ma met verlangende ogies.
"Natuurlik
kan julle, Chéri, maar nou is dit tyd vir julle bad. Kom seuns."
Fleur vryf haar rug terwyl sy uitstap, stop by die deur en draai dan weer om.
"Ek is nou weer terug, maak jouself tuis. Die koffie is reg, jy kan net
ingooi. Dit is heerlik koel buite, sien jou nou weer."
"Daar is nie sulke luukshede hier op
die grens nie. Ons het ʼn swart vrou wat nie te vêr van hier af bly nie. Liza
was by tydens albei die seuns se bevallings. Ek het baie vertroue in haar. As ʼn
sametrekking begin, sal Anna haar gaan haal."
"Ek kan ook help, my pa het my goed
opgelei. Ek het al twee babas alleen die wêreld ingebring."
"Chéri, dit is fantastiese
nuus!" Fleur omhels haar spontaan. "Sodra vroue hiervan uitvind, gaan
hulle jou besig hou." Fleur lag ʼn sorgvrye en speelse lag. Celeste se
gemoed styg met nog ʼn aks. Uiteindelik kan sy van nut wees.
"Ek kan saam met jou gaan en sorg dat
jy gemaklik is voordat ek ook gaan inkruip."
"Tot dusver kom ek reg, maar as ek jou
nodig kry sal ek jou roep."
"Dit is goed."
"Goeie nag, Celeste, Chéri."
"Goeie nag, liewe Fleur."
Met ʼn steun staan Fleur op en verdwyn die
huis in, skoene in die hand.
Toe Celeste uiteindelik alleen is, ontspan
sy heeltemal. Die soel aandlug se ligte briesie dans oor haar vel. Instinktief
maak sy haar bolla los en laat die bries deur haar hare speel. Met haar kop
agteroor weet sy niemand sal die ongewenste trane sien nie. Die hele aand was ʼn
oorweldigende ervaring vir ʼn seer siel. Dit versterk net opnuut hoe alleen sy
werklik is en dit verhoog die drang om te kan behoort. In een kort dag is sy
opgeneem in ʼn liefdevolle huis, maar dit is nog steeds nie haar eie nie.
"Montre-moi ton chemin, cher
Seigneur."
(Wys my U pad,
liewe Heer.)
Celeste se trane sit vlak en dadelik draai
sy weg. Hierdie liefdevolle oomblik tussen ma en seun is net te veel vir haar
om te aanskou.
Toe Anna later die gemmerbroodmannetjies
inbring, volg twee pare oë opgewonde … eers vir Anna en toe vir Celeste, wat
die plaat by haar vat. Anna se sagte lag vul die kombuis en albei vrouens
giggel saam.
"Pasop, die plaat is warm, julle
twee!" keer Celeste toe hulle te naby daaraan kom.
"Ik ga ok een kry?" vra Nico
weer.
"Tante Celeste het mosth gesê onse ga
elkeen twee kry, né tante Celeste?" Vraende blou ogies staar op na haar en
sy knik.
"Dit is reg, Robert. Julle kan elkeen
twee mannetjies kry. Wag net ʼn bietjie dat hulle eers afkoel." ʼn Klein
vingertjie word uitgestoot reg om aan ʼn koekie te raak toe Celeste net betyds
keer. Toe sy uiteindelik twee koekies in elkeen se hande plaas, byt hulle met
genot groot happe daaruit.
"Wees versigtig, Seuns, dit is nog
steeds warm," waarsku Celeste, maar hulle gretigheid het eenvoudig die
hitte geblus. Beide kinders se wange bol van die lekkerny. Skamerig uiter Nico:
"Dankith, Tante Celes." Haar naam is duidelik te moeilik om uit te
spreek en sy glimlag teer. "Dit is ʼn plesier … nog een?"
"Mag ikth, Mummy?" Nico draai na
sy ma, die een handjie klaar gereed.
"Ja, jy
mag, maar dan is dit tyd om na die diere te gaan kyk. Jacob het julle twee
hoeka al kom soek."
"Celeste Reyneke," sê sy terwyl
sy haar kop kantel om hom beter te kan sien. Sy goue ongetemde baard is bewys
van hul tyd in die veld wat die grootste gedeelte van sy gesig bedek. Haar oë
beweeg hoër op en sy merk die woeste boskasie wat smeek vir ʼn skêr. Dit laat
hom wild en ongenaakbaar voorkom, maar sy sagte oë spreek die teendeel.
Blousel-blou kykers staar na haar met genoegdoening. ʼn Fyn glimlag huiwer om sy
lippe in teenstelling met die imposantheid van die man.
"Laat my toe om jou te help,
Celeste," bied hy aan en steek sy groot hande uit om die skotteltjie by
haar te neem.
"Dankie, Monsieur."
"Jy moet Fleur se niggie wees?"
sê-vra hy en gaan voort om die skottel uit haar hande te neem en op die tafel
neer te sit.
"Ja, ek is. Ek het gister gekom."
Celeste stap na die wasskottel, neem die boerseep en was haar hande
deeglik.
"Ook net betyds, lyk dit vir my."
"Definitief, anders sou Anna haar beslis
moes help." Sy lag verleë. Haar hart mis ʼn slag en slaan dan bollemakiesie
toe sy die deurdringende oë ontmoet.
"Kan ek vir jou koffie skink?"
vra sy ietwat ongemaklik.
"Dit sal heerlik wees, dankie. Dit is
ʼn dogtertjie?" vra hy belangstellend.
Vandag se program handel oor jou verhouding met jou kinders, hoe
benader jy hulle as enkelouer? Daar is nie meer ‘n ons in jou woordeskat nie,
so jou benadering gaan moet aangepas word. Aksies en optredes wat jy as
vanselfsprekend in jou huwelik ervaar het is nou verwarrend en in sommige
gevalle amper taboe. Waar jy voorheen sou gesê het “gaan vra jou pa,” is die pa
nie daar om jou uit te help nie en moet jy nou die besluite neem. Jy kan ook
nie elke keer op die foon klim om hom opdrag te gee om met die kind te praat
nie. Dit mag wees dat hy alreeds in ‘n ander verhouding is en die vrou duld nie
jou ontydige opdragte aan haar maat nie wat meer spanning kan veroorsaak. Of
dat hy net nie beskikbaar is nie en wanneer jy eis om te weet waar hy is
veroorsaak dit in ‘n geveg en die eintlike rede is dan verlore. Onthou, hy
skuld jou geen verduideliking nie. Dit is in hierdie tye dat jy jou kinders se
respek verloor en jy ook beheer verloor in die algemeen.
Die hele kommunikasie dinamieka verander. Waar julle ‘n familie van
vier of vyf was is julle nou net drie of vier. Voorheen was dit maklik om
verantwoordelikhede rond te skuif soos wat dit die situasie gepas het nou is
dit net jy en jy alleen. Dit kan nogal senutergend wees. In ‘n groot mate kan
jy verslae en verlore voel, selfs oorweldig. Maar jou wegkruip dae is verby. Jy
is nou die een wat die pas moet aangee, die leisels moet opneem en vooruit moet
loop. Jy staan alleen, met niemand om jou te rugsteun oor hierdie veranderinge
of besluite wat jy moet neem nie.
In baie gevalle
sal kinders dan rebelleer bloot net omdat hulle nie verstaan nie, en, of die
ander ouer mis. Of omdat hulle al die aandag soek om hul eie onsekerhede hok te
slaan. Dit veroorsaak sy eie unieke probleme waarop ‘n enkelma moet bedag wees.
Indien dit nie reg hanteer word nie kan jou lewe oornag in ‘n nagmerrie
verander.
Die afgelope paar maande het ek gesels oor
enkellopendskap en hoe om dit te hanteer. Hoekom en waarom jy in jouself moet
belê en te glo dat jy waardevol is. Jy moet
besef dat hierdie nie die einde van die pad is nie maar juis die begin. Ek hoop
dat julle daarby baat kon vind en dat ek op my beskeie manier iets kon oordra
aan jou wat op hierdie enkelpad is. Als wat ek hier deel is wat ek ervaar het,
my skruikelblokke en foute in die hoop dat jy hierdie tydperk beter keuses sal
maak en rerig weer glo in jouself.
Maar nou wil ek ‘n bietjie stoute skoene
aantrek en tyd spandeer aan die meer praktiese dinge. Die praktiese dinge mag
dalk vir sommige nie aanvaarbaar wees nie maar dit is belangrik dat dit wel
aangeraak word. Daar is te veel verhoudings en huwelike wat tot niet gaan omdat
ons hierdie onderwerp vermy of systap. Mense glo om soos ‘n volstruis, jou kop
in ‘n gat te druk, dat die probleem sal weggaan, wat ‘n mite is. Dit is juis
ons stilstwye wat veroorsaak dat die probleem groter word. Ons as mens is geskape
om te voel en te ervaar met hart en siel – nie net ons liggaam nie. Alles loop
saam om ons volkome mens te maak. Nie een van ons het net sekere dele gekry
nie. En ander verskillende dele nie. Ons het almal dieselfde mate gekry, man en
vrou. Dit is ons benadering wat dit wel misvorm en lelik maak, wat die probleme
veroorsaak.
Ek wil my die
reg toeëien deur te sê: Deur alles om ons te vergeestelik verloor ons in baie gevalle ons
senualiteit. Ons dink as ons christelik optree of dit ignoreer, sal die drange
waarmee ons gebore is, verdwyn. Maar dit is juis ons stilswye wat dit vererger.
Hierdie aspek is onlosmaaklik deel van ons menswees.
‘n Man se stryd word soms oorgeslaan in die
egskeiding of opbreek tyd. Ons vergeet dat hulle ook ly en dat hulle manier van
doen grotendeels beinvloed word deur die gebeurtenis se impak op hul gestel.
Daarom het ek dit goed gedink om op hulle te fokus vandag.
Op elke gebied word ‘n mens gelouter in
hierdie pad. Vrouens hanteer dit anders omdat hulle meer in voeling is met hul
emosies en vinniger uitreik. Mans hanteer dit stilweg, broeiend. Vrouens se
uitkyk verander oor verhoudings. Wanneer ‘n vrou weer asem kry wil sy erkenning
hê. As sy ‘n man gehad het wat haar voorheen versmoor het wil sy ruimte hê om
haar eie ding te doen. As ‘n vorige maat ‘n huishen was wil sy nou iemand hê
wat uitgaan en die lewe geniet. Sy is dalk nou ‘n werkende vrou en haar tyd is
beperk of haar belangstellings is wyer verspreid.
Hoe ook al sy,
‘n man verander ook, sy verwagtings verskuil agter traak-my-nie-agtige houding
en gaan hy met ‘n ander gesindheid in ‘n volgende verhouding in. Hy kom dalk
koud en afsydig voort vir sommige vroue – maar dit is als deel van die
beskermings meganisme. Sy verwagtings verander ook en hy kan in baie gevalle langer
enkel bly vir finansieël redes wat veroorsaak dat hy stagneer.
Brandstof vir die siel.
Wat bou jou op, laat jou voortbeweeg. Wat maak jou opgewonde?
Ek spring sommer weg met ‘n paar moeilike vrae. Vir sommiges mag dit dalk maklik wees maar vir die meeste luisteraars is dit vrae wat hulle mee sukkel, selfs tot diep in hul veertigs of vyftigs.
Veral nou dat jy op ‘n nuwe pad is kom hierdie vrae weer skerp onder die soeklig en wonder jy wat is jou doel. Waarom is jy hier?
Vroeër of later word ons almal met dit gekronfronteer. Sommiges kan kies om werklik antwoorde te gaan soek soos die jongman, Tal Gur van Israel. Ek het al ‘n paar keer uit sy boek, The art of living voorgelees. Hy het letterlik vir homself doelwitte gestel wat hy dan na ‘n sekere tyd bereik het. Vandag is die man ‘n motiveringspreker wat duisende mense inspireer deur dit wat hy geleer het. Ek het al van Sunitkia gepraat wat vanuit haar ellende opgestaan het en daadwerklik ‘n verskil gemaak in haar gemeenskap. Die lys is eindeloos.
Ek is seker julle het ook al sulke stories gehoor wat julle heel
moontlik geinspireer het, maar julle weet nie waar om te begin nie. Ek self was
deur Janine Shapiro se man in ‘n hoek gesit toe hy die vraag, wanneer laas het
jy gedroom, aan my gestel het. Dit is waar ek geleer het van droomborde.
Ek was bewus
daarvan dat ‘n mens verskillende visuliaserings borde kry, veral kuns studente
moet dit gereeld maak. Maar ‘n droombord, nee, ek was totaal onkundig daaroor.
Toe volg ek hul raad en kort voor lank het die bord op my rekenaarskerm vorm
aangeneem.
Is die nommer ‘n probleem?
As enkellopende vrou is die keuse boksie
nie so baie soos voorheen nie. Jy self is nou ook nie meer ‘n jong bokkie nie –
wel dit hang natuurlik af wie na jou kyk, nê.
As tiener kon jy kus en keur tussen skool-
en studentmanne wat daaglikse jou pad gekruis het. Nou ontmoet jy selde iemand
van jou ouderdom, en die wat jy ontmoet is of onbereikbaar of net nie volgens
jou standaarde nie. Of het soveel ‘baggage’ dat jy nie wil betrokke raak nie.
Jy wonder dan waar is al die hubare manne. Jy begin rond kyk; en bevind jouself
skielik in ‘n terrein van ouderdomverskille. Of jy is veel ouer as die
interessante manne of die man is veel ouer as jy.
‘n Paar punte vir oorweging:
Wanneer die man ouer is as jy, kyk na sy
voorkoms, is hy darem netjies op hom self? Die hare is dalk yl maar hy is nog
aantreklik, of wat van daardie boepie? Is dit dinge wat jou sal afskrik of
aantrek?
Is hy ‘n roker of / en drinker? Hou hy
matigheid voor oë of raak hy heeltemal katools dronk en vergeet sy maniere by
die agterdeur?
Hoe behandel hy jou wanneer julle in die
openbaar is? Dit is gewoonlik ‘n baie goeie maatstaf of dinge sal uitwerk, of
nie.
Die volgende
ding wat jou oog ook trek is stokperdjies. Wat geniet hy om te doen? Of is die
mees interresante ding in sy lewe dit wat is op die volgende kanaal op TV is?
Is hy lief om uit te gaan, en ek bedoel nie shopping nie, hoor. Indien jy lief
is vir lees, hoe voel hy daaroor? Gee hy jou ruimte om dit te doen, of nog
beter lees hy saam met jou? Vir my is dit nogal ‘n belangrike punt want ek is
alewig met my neus in ‘n boek.
Ek hou van
die Marvel karakters, spesifiek die verskillende lede van Avengers. Ek het
natuurlik my voorkeure soos Thor, Iron Man, Pepper Pots - alhoewel sy nie ‘n
fisiese Avenger karakter is nie is sy tog deel van die storie en staan sterk in
haar ondersteuningsrol. Captain America is ook ‘n gunsteling maar Wonder Woman
is beslis die karakter wat my die meeste aantrek. Haar lewe staan vir iets meer
as net ‘n vrou met bonatuurlike kragte. Die vrou, Gal Gadot, wat die rol speel
is self ook merkwaardig afgesien van haar uiterlike skoonheid.
Wonder
Woman straal ‘n selfvertroue uit wat sy net kon kry deur opleiding en die wete
wie sy is. Tog kom sy ook nederig voor selfs by tye naïef. ‘n Ander
belangrike faktor uit haar lewe is dat sy besef het om die wêreld te verander
moet sy ook verander. Jy mag een feit glo maar realiteit vervang dit met ‘n
groter waarheid. Dit is daardie waarheid wat jou dan vorm en in jou doel in
vat.
Ons het oor
die naweek weer na die fliek gekyk en ek het ‘n hele paar dinge raak gesien wat
ek voorheen gemis het. Haar opleiding as klein dogtertjie, tiener en jong vrou
het vir my die meeste uitgestaan die keer. Haar innerlike gemoedskwellinge was
ook ‘n groot faktor. In die eerste plek het sy geglo dat dit wat sy geleer het
tydens haar opleiding reg was. Maar hier op aarde, gekonfronteer met die
daaglikse probleme moes sy haar innerlike oortuigings vervang en toepas om
werklik ‘n verskil te maak. Niks is ooit in klip geskryf nie daarom kan dit
verander word.
Vir 30 jaar
het ek sekere goed geglo, en dit toegepas. Dit het my hard en ongenaakbaar laat
voorkom. Maar toe, agv veranderinge in my persoonlike lewe, verander my uitkyk.
Ek kyk met meer meegevoel na ‘n situasie, juis agv die pad wat ek gewandel het.
Net so met Wonder Woman. Dit is ‘n paridigma skuif in jou kop as te ware. Dit
kos gewoonlik intense sielsveranderinge om dit te weeg te bring.
My verhaal lê
opgesluit in my geskiedenis. Dit is verweef in elke sandkorrel, gevormde klip
en die fynste veldblom van hierdie land. Van die Ooste tot die Weste, van die
Suide tot die Noorde is my storie verspreid. Daar is geen area in hierdie mooie
land waar jy ons nie sal vind nie. Oor majestieuse berge gekleed met wolke
komberse en donker, soms verskuilde klowe is ons skaduwees gegooi. Voetspore
verweef in elke era van die geskiedkundige boeke. Ons paaie nou saam gevoeg,
soos ‘n vlegsel in een gesmelt hier aan die suide van Afrika.
Voor my bestaan het my
voorvaders se sweet die grond benat. Verlore hand-velle die bemesting van hul
gewasse terwyl hulle die land bewerk het. Son gebakte velle beskermd deur ‘n
veldhoed so eie aan elke boer in ons land. Spierwit voete die enigste bewys van
hul werklike velkleur. Gebrei deur wind en weer het hulle hier ‘n lewe uitgekap
om die beste te doen vir hul nageslagte.
Terwyl
die mans die aarde omgespit het, was die vrouens gebukkend voor die klei-oonde.
Smullende warm brode en ander gebak ‘n daaglikse bedrywigheid terwyl kinders om
hul enkels gespeel het; dolosse en lappoppe hul enigste speelgoed. Uitgelewer
aan die natuur en barre landskap terwyl die geweer nie te vêr buite bereik
gestaan het nie. Sorgsaam en getrou het hulle die vuur gestook terwyl hul mans
in die veld was.
Braaivleis vure, dans
op die breë stoepe en lang kuiers onder die koelte bome was die kenmerke van
hierdie byeenkomste, en natuurlik eet. Die tafels het gekreun onder die gebak
wat gewoonlik so ‘n paar dae voor die tyd begin het. Van opgestopte skaapboude,
varkboude, gebakte hoenders, tuisgemaakte wors of pofadder en suurkos (Daar was
natuurlik afval ook maar ek het seker gemaak om dit te mis – drywende oë is
rerig nie vir my aptytwekkend nie. Elke denkbare groente was gekook, ingelê of
geslaai, en dan die lekkernye, elke soet tand se droom, poedings, koeke en
terte - klein of groot, dit het nie saak gemaak nie, daar was oorvloed.
Tussenin was daar druiwe, geel perskes, waatlemoen en spanspek wat verorber
was, genoeg om van naar te word. Net die blote gedagte aan daardie vragte kos
laat my mond water en die heupe groei…LOL.
Vir my ouers was dit
‘n prioriteit en ons het mooi herinneringe van daardie tye. Maar daar is een of
twee herinneringe gedurende hierdie tyd wat die meeste uitstaan; een daarvan
was toe Kanoneiland krag gekry het vir die eerste keer.
Nou,
ek weet nie van julle nie maar as kleinkind het jy nie rerig ‘n verhouding met
jou ouma of oupa nie. Gesprekke tussen die twee geslagte was gehou tot die
minimum: Die kinders-word-gesien-en-nie-gehoor-nie benadering. Albei my oupas is
oorlede toe ek baie jonk was, so die geheue is maar yl rakende my grootvaders
maar ons was geseënd om die oumas langer by ons te hê. Die rede dat hierdie een
gebeurtenis uitgestaan het is die feit dat ek Ouma Baby as vrou leer ken het
gedurende hierdie belangrike mylpaal in Kanoneiland se geskiedenis. Ek weet nie
hoekom sy Baby genoem was nie want haar doop naam was Johanna, ek dink dit het
te doen met die feit dat sy die jongste in haar gesin was - maar ek mag
verkeerd wees.
Venterskroon is geleë
tussen Parys en Potchefstroom binnein die Vredefort Koepel. Die Vredefort
Koepel is bekend vir sy pragtige natuurskoon wat oor 300 km strek en is die
grootste erfenisgebied in privaat besit in die wêreld. Die Koepel is bekend
onder fietsryers, vissermanne en stappers en verleen hom as ‘n heerlike
vakansieplek vir stadsjapies nie te vêr van die groot stad af nie. Om elke
draai is daar ‘n interessante storie verbonde aan die murasies, verskans tussen
bome en ruigtes, en het jy ‘n terugblik op die gisters vasgevang in die
pleisterwerk wat plek-plek opgebreek word deur die natuur. Kronkelende
grondpaaie lei na afgeleë plase, en netjiese vakansieoorde met plaasdiere en
wild wat die veld geniet.
Dit is ‘n wêreld ryk
aan geskiedenis – van die meteoriet wat daar geval het miljoene jare gelede tot
die uitgewerkte goudmyn wat nou net ‘n vae herinnering is van die lewe in die
laat 1800; die bewyse is oral te bespeur as jy jou oë oop hou.
Vir
opgewekte geselskap en ‘n goeie kontrei-staaltjie kan jy ‘n draai gaan maak by
die imposante kroeg in Imperial Inn vir ‘n vinnige lafenis of inboek vir ‘n lui
Sondag en middagete onder die groot ou koelte boom geniet wat heerlik voorberei
word deur die staatmaker spannetjie.
Hoe ookal, kosmaak is ‘n avontuur op sigself. Ek sit soms net en lag oor die manewales. Die
berge skottelgoed in my geestesoog groei met elke toeklap van ‘n kasdeur en ek
sug innerlik. Hulle ken nie van briek aandraai nie.
Tussen my pa en my verloofde is daar ‘n twaalf jaar
ouderdomsverskil, die twee verstaan mekaar en kuier lekker. Toe ons lewe ‘n
draai maak bied my pa my ou kamer aan as blyplek. Ek moet erken dat ek gewonder
het hoe dit gaan uitwerk; met ‘n beklemming om my hart. My pa is ‘set in his
ways’ en Isak beslis ook. Elkeen redelik hardkoppig. Maar bo verwagting gaan
dit goed.
O ja, ek moet nie van my broer vergeet nie, diè is die
jongste in die huishouding, dus is die ouderdomsgaping groot tussen hom en
Isak. Drie generasies in een huis en elkeen het sy eie manier van dink, maar
dit daar gelaat.
Jannie is amptelik die enigste “permanently employed” in
die huis en is elke dag, net na ses saans tuis. Die dag se gebeure word dan
herhaal sodat hy darem ook kan weet wat aangaan. Alhoewel die twee soms lekker
kan kuier is die twee afgetredenes meer dikwels in mekaar se geselskap en
onthou-jy-nog-staaltjies so deel van elke dag.
Jip, julle het reg gehoor. Ek bly saam met twee
afgetredenes. 77 en 65, en my broer is 43. Ek hoop iemand kry my jammer. Nee, ek grap net, dit is darem nie so erg
nie, want dit het sy voordele. Ek maak selde of ooit kos. Net die kombuis se
skoonmaak word vir my gelaat, darem net soms - maar dit is ‘n gesprek vir ‘n
ander keer. Berge en berge skottelgoed. Wel, julle kry die prentjie.
“Kan pa nog onthou jare gelede het ‘n mens…” dit is hoe
dit gewoonlik begin of, “Onthou pa vir Jannie Engelbrecht…” dan word daar in detail vertel van die drie
of skop of wat ookal die geheue geprikkel het.
“Wag laat ek nou eers vir jou vertel…”
is gewoonlik my pa se inleidende woorde. “Wragtig waar, dit is so…” bevestig hy
sy eie storie so asof ons hom nie gaan glo nie. In een middag kan ek plekke
soos Port Elizabeth of die Baai, Kanoneiland, Augrabies, Tsitsikamma,
Johannesburg of Kimberley besoek sonder om die huis te verlaat. Moenie
Upington, Kuruman en Keimoes uitlaat nie.
Ons bestaan word versinnebeeld in die paaie wat
ons daagliks wandel; sommige paaie strek voor ons uit soos ‘n groot vet slang
wie se kop weg raak op die horison - eindeloos en lui. Dan is daar paaie wat al
kronkellend deur hoë bome vleg en jou uitnooi om deel te word van sy koeltes en
skadus, maar indien jy nie versigtig is nie jouself misgis met die kronkels -
wat soms so vinnig kom: sonder waarskuwing - dit is dan wat jy die pad maklik
byster raak: verlei deur die mooi, maar daar is geen hoop aan die einde nie.
Ons kan liries raak oor ons kuslyne; ons het
seker van die mooistes in die wêreld. Langs die einste kuslyne kan ons die
uitgestrekte blou water massa bewonder: glimmend en golwend in Sy almag. Omsoom
met wit strande wat land en see skei en reusagtige rotse wat uit die branders
rys, die wind ‘n konstante metgesel wat sy eie taal praat, en die toneel dwing
bewondering af. Die majestieuse berge aan die ander kant van die pad troon bo
ons uit en jy kan nie genoeg kry van die verskillende rotsformasies en
plantegroei nie. Soms word ons so meegesleur deur die strome van die lewe dat
ons nie die verskanste gevare raak sien nie: die gety wat jou dieper meesleur
tot waar jy maklik kan vergaan sonder dat jy dit besef.
Dan is daar die grondpaaie wat ons land
deurkruis, wat voor ons uitstrek met die horison wat in ‘n “see” geleë is en
net altyd aanskuif asof bodemloos en jy wonder wanneer gaan dit klaar kry. Geen
skaduwee om jou warmte in te baai nie en geen borde wat jou rigting of bakens
aandui nie. Jy het geen benul of jy wel nog op die regte pad is nie en iewers
sluimer die twyfel van omdraai, van stop. Dan, skielik sien jy ‘n windpomp
uitrys soos ‘n baken van hoop en jy besef jy is nie alleen nie en ‘n glimlag
sprei oor jou hele gelaat en jy beur voort totdat jy beskawing bereik.
Die bestemming wink in
die verte en opgewondenheid bruis deur jou are.
Soms is hierdie paaie in skadu gehul, geheimsinnig asof dit nie sy
geheim met jou wil deel nie. Ander kere glinster dit helder voor jou uit maar
gee geen aanduiding van die bestemming nie - geheimsinnig, winkend, al
kronkelend verdwyn dit oor die volgende koppie of rante. Op een stadium was ons
bo op die Baviaansberge en moes ek weer uitspring om ‘n hek of twee oop te maak
en die verlatenheid was sprekend, tasbaar maar tog gevul met ‘n eiesoortige
heimweë. Miskien na ‘n wêreld van weleer of miskien sommer net na die stiltes
van die natuur. Is ek die enigste een wat dit so ervaar?
‘n
Mens kan dit selfs ‘n stap verder vat. Behalwe vir die fisiese is daar ‘n
figuurlike betekenis tot die oopmaak. Die oopmaak van jouself veroorsaak dat jy
beter sien. Dit bring nuwe lewe asook ‘n verwagting vir die onbekende. Wanneer
ons daardie hek oopmaak gebeur daar iets in ons en nuwe lewe bruis deur ons.
Dit is dan wanneer ons weer gefokus raak en opnuut ons talente raaksien,
onsself leer ken en sommer net weer mens word. ‘n Mens met ‘n doel.
Ons elkeen ontvang die lewe as ‘n geskenk. Reg in die begin
van bevrugting het jy die drang om te leef. Dit is diep in ons gene gewortel en
kan net deur dood geblus word.
Die oop graf, veral die van ‘n ouer, lig dit des te meer
uit. Dit is dan wanneer jou eie kwesbaarheid onder die vergrootglas kom en jy
weerloos gelaat word. Alleenheid kom nie eers naby die gevoel wat jy dan ervaar
nie. Dit meng met elke sel in jou wese en jy voel verwyderd van die alledaagse
bestaan.
Die belangrikheid van ‘n moeder kom skerp na vore in haar
heengaan. Jy waardeer haar dan eers, lank nadat sy haar laaste asem uitgeblaas
het. Daar is niemand wat soveel omgee vir jou soos jou ma nie. Haar liefde en
onbaatsugtigheid plaas haar op ‘n hoër platform as enige ander mens. Soos ‘n
pilaar staan sy, sterk en onwrikbaar in jou lewe. Sy koester en beskerm jou. Sy
leer jou van die lewe en gee jou liefde wanneer die lewe jou ‘n wang draai. Sy
is as te ware jou buffer teen die koue aanslae daarbuite.
Wanneer
sy weg is, voel jy alleen, kwesbaar en verwyder van alles om jou. Maak nie saak
hoe besig jy is nie jou hart bly verlang en sit vas soos klitsgras. Daar, in
jou binneste, waar jy introspeksie doen in stilte. Als om jou verloor hul glans
en betekenis. Jou ervaring van die lewe verander.
My verhouding met my kinders het die jaar sodanig verbeter
dat ek met opregtheid kan sê dit is wel met my siel. Sonder hulle liefde,
aanvaarding en bystand sou dit nie moontlik gewees het om weer my voete te vind
nie. Kinders maak ons heel - selfs die kleinseuns se kleine handjies is
genesing vir die moeë siel. Nathan se woorde het my nou die dag, tydens ‘n
kuier, diep getref: “Ek is so bly ouma het nie Kaap toe gegaan nie.” Meer
daaroor in ‘n volgende aflewering maar ek het net weereens besef hoe my
besluite selfs hom geraak het. Dit is daardie woorde wat dan soos ‘n lieflike
geur om my hals hang en ek weet ek is geliefd ongeag die modder waarin ek my
bevind het. Miskien klink dit narsisties vir sommige maar my gemoedtoestand was
so stukkend en rou dat sulke klein gebare vir my die wêreld beteken.
Alhoewel die huwelik in die slag gebly het sal die goue
klontjies van wysheid en die mooi herinneringe daarvan iets wees wat ek sal
vertroetel in my hartkamers en die swaar tye, die tye wat my met insig gevul
het, my verder lei soos ek die lewe verder aanpak. Elke nuwe tree wat ek gee
vul my met groter dankbaarheid vir dit wat tans gebeur.
Ek voel voorwaar soos die spreekwoordelike verlore seun wat
in die varkhok tot die besef gekom het dat sonder Hom dit ‘n koue plek is. Weer
het ek terug gekom na ‘n Vader wat met ope arms my ingewag het: Sy liefde
onverandered en Sy rus balsem vir ‘n moeë gees.
Sy
genade is vir my genoeg!
Die ander vrou is
skielik iemand, met ‘n naam. Alhoewel jy haar nog nooit ontmoet het nie, is sy
‘n permanente deel van jou lewe. As nuweling word jy vergelyk, beoordeel en
bespreek deur vriende en familie. Ongeag hoe hard jy probeer, jy kan haar nie
ignoreer nie. Deels omdat sy gedurigdeur opkom in gesprekke veral as julle in
dieselfde kringe beweeg of indien daar kinders en kleinkinders betrokke is.
Met sosiale media is
dit selfs makliker om van die ander vrou te wete te kom en op haar te volg aka
spioeneer. Wie het dit nie al gedoen nie? Ons gebruik verskeie redes om onsself
te regverdig maar feit bly staan, ons wil meer weet oor die vrou wat die man in
jou lewe gedeel het of deel. Dit hang af aan watter kant jy staan.
Ek
onthou in my gewese huwelik het ons verhouding ook maar pas begin en het ons
saam na ‘n kerkkamp gegaan. Die Sondagoggend moes hy gou ‘n draai loop en sê ek
moet solank gaan sit. By ons sitplek het sy Bybel op die vloer gelê waar ek dit
op getel het. Daar, voor my voete val toe ‘n foto uit van sy vorige meisie. ‘n
Duisend vrae het deur my gegaan in ‘n bestek van sekondes. Agterna het hy my
verseker dat die verhouding verby is. Ek het hom geglo. Ons is getroud. Met
verloop van tyd het sy elke keer, op die mees onverwagse oomblikke, na vore
gekom. Jy sien, sy familie kon haar nie vergeet nie, en het by tye ook kontak
met haar gehad. Elke keer het hy my verseker dat sy iets van die verlede is.
Maar sy het bly opduik wat wel sy stremming geplaas het. Toe ons huwelik op die
rotse loop was sy skielik weer terug. Sommer netso, na 30 jaar van geen
kommunikasie. (Ek wil ook nou nie enige wyshede hoor nie… Los dit daar.)
Laat lente is net voor
somer. Die rypwordingstyd van plante wat hul kleur uitstoot. Tot daardie wonder
wanneer hul in volle blom hul kleur en geur ten toon sal stel. 'n Heugelike
gebeurtenis wat so onder ons neuse gebeur. Dit kruip al nader, omhul jou gemoed
en word deel van ons – sonder moeite.
Laat lente het sy eie
unieke klanke; gevul met die gezoem van bye. Die fladder van opgewonde vinke om
die voëlbak. Van die mossies wat hulself met borrelende gespartel bad. Al
spelende tot hulle blink. Die wind wat baljaar deur jong blare. Die geur van
bloeisels uitgestal in kleure van wit, pienk en rooi; in elke skakering. Gun
wonder Salomo het genoem dat ons na die natuur moet kyk nie. Niks kom by die
skouspel daarvan nie. Ons lug gevul met geure van skoon grond na dit omgeploeg
is; afwagtend op saad. Die sprankelende lus vir die lewe soos ‘n elektriese
stroom wat gedurig suis; sonder ophou.
Kliek – en nog ‘n
terugflits so duidelik soos die vorige.
Kliek – wens jy
was hier.
Kliek – vergeet
van hom. Hy het.
Kliek - Soos
kortstondige flitse spoed ons verhouding voor my verby.
Elke keer dat dat
ek my ooglede knip, is daar nog ʼn herinnering; nog ʼn grepie van ons saamwees
kristal helder in my gedagtes. Hoekom het ons nooit foto’s van ons geneem nie?
Dit is ‘n vraag wat ek myself baie afvra.
Daar is niks
tasbaar van ons kortstondige verhouding nie, maar tog speel die tonele
gedurigdeur in my geestesoog af dat ek nie anders kan as om in afwagting my oë
oop te maak met die hoop om hom daar te kry nie.
Sy peinsende oë
priemend op my ingestel; sy glimlag wat my knieë lam gemaak het en my hart
gesmelt het. Gevolg deur die ondeunde laggie wanneer hy in ʼn stoute bui was.
Die manier wat hy sou vra: “Is dit nog nie tyd vir ʼn bier nie?”
Twee weke vantevore
was sy en ouma aangenaam verras met die nuwe buurman wat ingetrek het. Die huis
was al ‘n geruime tyd leeg. Die eienaars het min omgegee vir die plek en
verwaarlosing het ingetree. Leeglêers was gereeld rondom die plek gewaar, wat
vir hulle ‘n bekommernis was. Ouma was knaend by die polisie oor die situasie
maar hulle het net hul skouers opgetrek. Nou dat hy daar is kon hulle ontspan.
Twee dae het verby gegaan voor hulle die man gesien het.
Gekleed in ‘n netjies
swartbroek en glad gestrykte wit hemp was hulle baie nuuskierig oor die man. Sy
kop het gespog met ‘n dik bos grys hare.
Die enigste keer wat Santie hom sonder ‘n hoed gesien het. Lanklaas het
sy ‘n ouer man met so ‘n goeie houding gesien. Dit was iets om te waardeer.
Een
middag het Santie haar ouma betrap waar sy by die voorkamer venster gestaan
het. Die gordyn was versigtig weg getrek en ‘n droomverlore kyk was duidelik
sigbaar op haar gelaat. Oupa is al vyf jaar gelede oorlede en ouma was alleen.
Omdat Santie permanent by haar ouma woon het sy geweet hoe vereensaam sy was,
so sy het die nuwe verwikkeling verwelkom.
Jy wonder seker waarheen gaan ek met dit
alles en of diè gedagtegang ‘n punt het. Miskien het dit, miskien nie, ons sal
maar saam hierdeur moet worstel om by die antwoord te kom. Al wat ek weet is
dat ek lief is vir die man. Ek waag ‘n kans, hoe klein ookal, ‘n draadjie
van hoop tot aan die bitter einde.
Dit is my normale gedagtegang die afgelope
tyd: ek praat myself moed in wanneer die geduld min raak en die verlange alles
oorheersend word. ‘n Tyd van afsondering waar ek niemand inlaat in die kamers
van my hart nie. My gedagtes altyd by hom, gevul met hom.
Afwagtend. Hopend.
“Trieng, trieng!” word my gedagteloop
onderbreek deur die klanke van my Android. ‘n Irriterende deuntjie wat ek dreig
om te verander maar net nooit doen nie. Vies kyk ek na die caller ID maar dit
dui ‘n ‘Unknown’ nommer en sonder om twee keer te dink trek ek ‘n streep
daardeur asof ek dit wil uitwis.
Waar was ek…o ja.
Ek het vergeet hoe seer onbeantwoorde
liefde kan maak. Ek het vergeet van al die fases waardeur ‘n mens
gaan wanneer jy met ‘n stukkende hart sukkel. As ‘n volwasse persoon is dit nie
so maklik soos toe ons jonk was nie. Tweede geleenthede is nie iets waarop jy
hoop nie. Nie met hartsake nie. Ek wil glo dat ek nie net ‘n stastistieke syfer
is nie maar ‘n vrou van vlees wie se hart tog die antwoorde sal kry waarna dit
smag voor my uurglas leeg loop.
“Trieng,
trieng…!” Ai, wie kan dit wees? Ek staar na die foon: die bron van my
frustasie. Die aanhoudende gelui van die emosielose klanke doen niks vir my
beswaarde gemoed nie. Inteendeel dit vul my negatiewe gedagtes nog verder sodat
ek vies oor die ding vee en met ‘n sug antwoord: “Louise wat praat.”
Later, na ‘n warm bad
en skoon klere vanuit Leonie se kas het Netta by haar huis ingestap. Neels,
Leonie se man, was so gaaf om die karwiel om te ruil terwyl hulle binne was.
Leonie het haar
dadelik in ‘n warm bad met die heerlikste borrels gesit waar sy vir ‘n paar
minute net weer vrou kon word. Leonie is ‘n gelukkige vrou. Hoekom kon Frank
nie ook so goed vir haar gesorg het nie?
“Mamma?” roep Nate
haar terug uit haar morbiede gedagtes.
“Ja Nate?”
“Mamma, Jack het my
genooi na sy verjaarsdag partytjie môre, kan ek gaan, asseblief, ma?” Haar
skouers sak. Nog ‘n uitgawe. Sy is al so moeg om nee te sê. Nege jarige groen
ogies staar haar opgewonde aan en sy sluk verbouereerd. “Ek weet nie Nate.
Mamma kan nie nou ‘n geskenk koop nie.”
“Mamma hoef nie te
worry nie, ek sal een van my onoopgemaakte karretjies vir hom gee. Ek het nie
so baie karretjies nodig nie.”
“Ai my kind,” en trane
stroom opnuut weer oor haar wange.
“Here, dankie vir ‘n
kind wat verstaan,” prewel sy saggies as sy deur die donkerkop vryf. Haar hart
stukkend. Hulle het so lank vir hom gewag. Tien jaar van hul getroude lewe was
op hul knieë deurgebring. Haar beker van geluk het oorgeloop toe sy uiteindelik
swanger geword het. Toe, agt jaar later vertel Frank hy het iemand anders
gevind. Diè kind, het sy uitgevind is al 12. Hy het haar twaalf jaar lank
verkul terwyl sy alles in haar vermoë gedoen het om vir hom ‘n kind te gee.
Selfs toe sy dit gegee het was dit nie goed genoeg nie. Bitter draai sy weg.
Kos
maak tyd lê soos ‘n berg voor haar.
“Jy is dinamies,
Marieta Mulder.” Verspot gee sy ‘n kniebuiging aan haarself en lag vrolik. Sy
kyk dan na die horlosie teen die muur en besef dat dit tyd is om te gaan. Sy
tel haar swart leer-aktetas op – ‘n geskenk van haar ouers toe sy die
toelatingseksamen tot die Balie geslaag het.
Maak seker sy het alles en stap by die voordeur uit. Met ‘n defnitiewe
klik sluit die deur agter haar. Vir Marieta is dit die mooiste klank. Die deur
simboliseer haar onafhanklikheid asook haar nuwe lewe. Sy het al die negatiewe
gebeuretenisse agter gelaat en bewys sy kan dit doen. Sy moes baie brûe oorbrug
om tot hier te kom. Die feit dat sy op pad is na die grootste Prokureurs firma
in die stad, vir haar laaste onderhoud is ‘n groot oorwinning. Sy het gedroom
van hierdie dag vandat sy 18 jaar oud was. Dit het haar 30 jaar gevat, maar sy
het dit gemaak. Sy is op die regte plek.
Marieta stap na haar
geparkeerde motor onder die afdak in die kompleks, een van die gegoede buurte
in Pretoria. Met ‘n vinnige druk van die knoppie ontsluit sy die kattebak en
plaas haar aktetas binne en druk die bak toe. Elke stap vat haar nader na haar
toekoms en opgewondenheid bruis deur haar. Sy voel lig en vry en sy glimlag vir
haar weerkaatsing in die motorvenster.
‘n
Vinnige kyk na agter ry sy agteruit. Vir oulaas kyk sy na haar beeld in die
truspieëltjie. Die vrou wat terug kyk is professioneel. Elke haar op sy plek.
Met ‘n rustige verandering van ratte volg sy die geplaveide pad na die hoofhek
toe. Sy word vriendelik gegroet deur die dag sekuriteit en trek haar kaart deur
die kontrole paneel. Die hek swaai geruisloos oop en sy ry stadig vorentoe.
Gister se byvoeging
was ‘n groen padda wat op die toilet sit en boek lees. Mamma het gedink dit sal
perfek op die boekrak lyk en oupa het net onderlangs gebrom. “’n Mens sou dink
die vrou het nou al genoeg van die slymerige goed, maar nee, hier is weer een,
net so verspot soos die res.” Sy kon nie help om te lag nie en haar ma het hom
net geïgnoreer. “Gun haar, haar plesiertjie,” sê oupa Jan gereeld. Wanneer hy
kom kuier. Maar oupa Hans het geen geduld met die goed nie. Skuif dit gereeld
rond, vernaamlik wanneer ma naby is… dit jaag haar die harnas in. Ma se
waardevolste besitting is die padda-teestel, kompleet met ‘n teepot, die tuit
lyk kompleet soos die bek van ‘n padda en sy ril – sy hou nie daarvan nie. Oupa
maak gereeld vir hom koffie in die koppie, sonder ma se medewete. Dit is haar en Oupa se geheim.
Anna
fokus weer op haar doel. Paddas gaan haar nie nou help nie. Die taak moet
Maandag in wees en sy het inligting nodig om die taak te voltooi. Hopelik is
daar ‘n boek wat dit aan haar kan verduidelik. Een wat nie hoogdrawende woorde bevat
nie. Haar Oupa glo nie aan die wêreldwye web nie. Hy sê dit is net ‘n onnodige
euwel en verkwisting van sy geld. Hulle het al hoeveel keer daaroor gestry,
maar hy hou voet by stuk.
“Pa het die gewoonte
gehad om Sondae middae te dut. Klokslag. Ons kon ons horlosies maar stel… nie
dat ons gehad het nie… maar jy verstaan wat ek bedoel.” En Anna knik haar kop.
Oupa is ook so. Klokslag. En sy lag saam. “My pa was baie lief vir sy pyp ook,
en die ding was nooit te ver van sy soekende hande af nie. So gebeur dit dat pa
op die bepaalde Sondagmiddag weer gaan slaap met die pyp in sy broeksak
vergete. Die Sondagmiddag stilte het net begin neerdaal toe ons ‘n skreeu hoor.
Onaards en vreesaanjaend. Ek was soos blits by pa se bed, nie seker wat om te
verwag nie… maar wat ek gesien het, het ek beslis nie verwag nie.” Oupa skater
dit nou behoorlik uit, so asof hy dit weer beleef en Antjie lag saam, nie vir
die storie nie maar vir oupa.
“Ai
my kind, dit was nou ‘n sien wat nie ontsien kan worre nie…,” en hy proes toe
Anna hom verstom aankyk, geen benul wat hy nou eintlik probeer sê nie. Almal
lag gewoonlik saam hier maar Anna kon die deel nog nooit verstaan nie en bly
maar stil. “Jy sien, toe ek in die kamer kom het my pa, jou grootjie, se broek
op die vloer gelê. Die pyp het hom gebrand en agterna het ons uitgevind hy het
gedroom van ‘n slang. Toe hy die slang probeer klap toe…” oupa bly skielik stil
en bloos bloedrooi.
“Hulle was so vinnig
op ons dat ons net in geskokte stilte kon toekyk hoe Pa op die mat neergeplof
het, sy kop was in twee gesplit; sy growwe hande pers geskuur teen die
bindings. Pa het hard probeer om sy familie te red maar dit het ons niks gebaat
nie. Hulle het geen genade betoon aan hom in die meëdoenlose afbreek van sy
liggaam nie: die oopkloof van sy skedel was eintlik ‘n genade hou wat ek
verwelkom het op daardie oomblik. Ma het nog probeer smeek, maar ons kon net
hulpeloos toekyk hoe hulle pa Dries verander het van ‘n forse boer tot ‘n
voosgeslane pulp van menswees. Daar was niks heel aan hom nie. Sy bloed het
vryelik gevloei oral in die vertrek. Ek het later verstaan dat die hele huis in
ons bloed geverf was.” Herman sluk aan die knop in sy keel, en laat sak sy
bruin kykers vir ‘n wyle. Nou, na al die jare, is die gebeure van daardie dag
nog steeds vars in sy geheue. Hy kug en
gaan dan voort met die vertelling wat internasionaal opslae maak.
“Daardie beeld sal my
altyd by bly. Die finale slagting het ons aldrie uit ons verslae toestand geruk
en Lisa het hard probeer om by Pa uit te kom maar die booswigte het haar
vasgeklem en terug gehou. Ons angsgille het onbeheersd en aaklig deur die lug
geklief. Vrees het ons sinne beroof. Ma het nog probeer, vir oulaas, haar hande
opgelig in ‘n stop teken maar dit was alreeds te laat. Pa was dood.
This is the last day of this bible plan and I trust that I have planted a seed of hope into your life. You can have the victory if you fol...